Gr 11 Hfst 8 Spanwerk en Konflikbestuur

31 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Wat moet elke spanlid verstaan om rol-dubbelsinnigheid te vermy?
Sy of haar verpligtinge regte en verantwoordelikhede in die span.
2
Wat is rooloorlading?
'n Situasie waar 'n werknemer weens onvervangde lede ekstra werkslading en te veel take moet dra.
3
Hoe word sinergie in 'n span gedefinieer?
As 1 + 1 = 3 wat beteken dat die gekombineerde uitset van die span meer is as die individuele of aparte insette.
4
Watter twee aspekte van kommunikasie kan 'n span maak of breek?
Duidelike instruksies en konstante terugvoer aan al die lede.
5
Watter tipe leierskapstyl moet 'n bestuurder in 'n krisissituasie volg?
'n Outokratiese benadering om die probleem vinnig op te los.
6
Wie het die vyffase-model van spanontwikkeling geskep?
Bruce Tuckman in die 1960s.
7
Wat is die vyf fases van spanontwikkeling?
Vorming Storming Norming Presteer en Ontbinding.
8
Wat is 'n kenmerk van die Vormingsfase?
Rolle is dikwels nie duidelik nie en spanlede toets mekaar se grense en is afhanklik van die bestuurder vir leiding.
9
In watter fase begin spanlede klieks vorm en kompeteer vir posisies?
Die Stormfase waar lede ook persoonlike verhoudings probeer bou.
10
Wat gebeur in die Normingsfase?
Spanlede is gemaklik in hul rolle daar is meer oop kommunikasie gebaseer op konstruktiewe kritiek en samehorigheid word sterker.
11
Hoe verander die rol van die bestuurder in die Prestasiefase?
Dit verander van ondersteuning en afrigting na hulpverlening aan individuele lede wat sukkel.
12
Wat gebeur tydens die Ontbindingsfase?
Die taak is voltooi en die span ontbind wat 'n gevoel van verlies of selfs rou by lede kan laat.
13
Wat is spandinamika?
Die interaksie tussen spanlede se persoonlikhede karaktereienskappe en die verhoudings met mekaar.
14
Wie het die bekende teorie oor nege spesifieke spanrolle ontwikkel?
Meredith Belbin.
15
In watter drie hoofgroepe klassifiseer Meredith Belbin sy nege spanrolle?
Denkers Taak-georiënteerd en Mens-georiënteerd.
16
Wat is die rol van die Evalueerder volgens Belbin?
Monitor situasies om geleenthede te identifiseer en dink oor hoe om dit te gebruik.
17
Wat is die rol van die Plant volgens Belbin?
'n Kreatiewe tipe persoon wat buite die boks dink en verbeeldingryke maniere bring om probleme op te los.
18
Wat is die rol van die Spesialis volgens Belbin?
Persoon met 'n waardevolle vaardigheid wat nie algemeen beskikbaar is nie en deel sy kennis met die groep.
19
Wat is die rol van die Voltooier volgens Belbin?
'n Pligsgetroue persoon wat pro-aktief soek na foute en leemtes om te verseker dat die produk betyds gelewer word.
20
Wat is die rol van die Implementeerder volgens Belbin?
Probeer om idees in praktiese aksies te omskep op 'n konserwatiewe en gedissiplineerde manier.
21
Wat is die rol van die Vormer volgens Belbin?
Iemand wat mal is oor druk en ander sal uitdaag en harder druk om struikelblokke te oorkom.
22
Wat is die rol van die Hulpbron-ondersoeker volgens Belbin?
'n Ekstrovert wat lief is om met ander te praat om netwerke en verbindings te vestig.
23
Wat is die rol van die Spanwerker volgens Belbin?
'n Diplomaat wat luister na ander en probeer om dinge kalm te hou om konflik te vermy.
24
Wat is die rol van die Koördineerder volgens Belbin?
'n Natuurlike leier wat weet hoe om te delegeer die doel verstaan en nie bang is om besluite te neem nie.
25
Wat is die verskil tussen 'n Tipe A en 'n Tipe B persoonlikheid?
Tipe A wil hê alles moet dadelik gebeur en hou nie op nie terwyl Tipe B meer ontspanne is en take kan uitstel.
26
Wat is funksionele konflik?
Konflik wat op 'n positiewe manier hanteer word en lei tot konstruktiewe uitkomste soos nuwe idees beter kommunikasie of lojaliteit.
27
Wat is disfunksionele konflik?
Konflik wat nie hanteer word nie en lei tot laer produktiwiteit stres energieverlies en 'n negatiewe werkskultuur.
28
Noem drie maniere om stres te verminder?
Leer om nee te sê delegeer take en sorg vir genoeg slaap regte voeding en ontspanning.
29
Hoe moet 'n spanlid 'n oorweldigende projek aanpak?
Deur die projek in kleiner meer beheerbare stappe op te deel in plaas van om tou op te gee.
30
Waarom is tydsbestuursvaardighede belangrik vir 'n span?
Dit help om konflik te verminder en te verseker dat sperdatums behaal word.
31
Wat moet 'n bestuurder doen om lede te help om aan te pas by globale verandering?
Verduidelik hoekom verandering noodsaaklik is verskaf inligting en bied aktief hulp aan.
Study all 31 cards for free