Gr 10 Hfst 2 - Entrepreneurskap

30 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Beskryf die oorsprong van die woord "entrepreneur"
Dit kom van 2 Franse woorde:
Entre - beteken "betree"
Prendre - beteken "om te neem"
2
Beskryf 'n entrepreneur
Iemand wat die besigheidswêreld betree om 'n geleentheid te neem om geld te maak.
3
Deur wie is die term entrepreneurskap in die vroeë 18e eeu uitgedink?
Die Franse ekonoom Richard Cantillon
4
Wie het 'n entrepreneur beskryf as 'n "avonturier in die besigheid"?
Jean-Baptiste Say
5
Wat is 'n Entrepreneur dan?
Iemand wat:
1. 'n geleentheid in die mark raaksien en die nodige hulpbronne versamel om voordeel daaruit te trek.
2. iemand wat 'n besigheid groei deur 'n lojale kliëntebasis te skep en begeertes van verbruikers te bevredig.
3. iemand wie se primêre mikpunt is om voortdurend meer wins te maak vir die risiko's wat hy moes neem.
6
Noem 4 drukfaktore by Entrepreneurskap.
1. Werkloosheid
2. Werksekuriteit
3. Geen formele opleiding
4. Onenigheid met huidige werkgewer.
7
Noem 4 trekfaktore by Entrepreneurskap.
1. Onafhanklikheid
2. Erkenning
3. Self-verwesenliking
4. Self-indiensneming en rykdom.
8
Waarom is Suid-Afrika se werkloosheidskoers so hoog?
Omdat die groeikoers van ei bevolking hoër is as die ekonomiese groeitempo. (Meer mense word gebore as wat werk geskep word).
9
Noem sewe kenmerke van 'n entrepreneur?
1. Soek geleenthede
2. Kreatiwiteit en innovering
3. Risiko-toleransie
4. Vasberadenheid en volharding
5. Selfvertroue
6. Buigsaamheid
7. Motivering
10
Noem 3 kenmerk wat 'n entrepreneursonderneming onderskei van die gewone besigheid wat net probeer oorleef.
1. Innovering
2. Groeipotensiaal
3. Gesonde doelwitte
11
Noem 4 verskillende tipes entrepreneurs.
1. Tegno-entrepreneur
2. sosiale entrepreneur
3. Toerisme-entrepreneur
4. Omgewings-entrepreneur
12
Noem 3 nuwe ontwikkelings wat nuwe tipes entrepreneurs laat ontstaan het.
1. Opkomende entrepreneurs
2. Informele entrepreneurs
3. Jeug-entrepreneurs
13
Verduidelik wat bedoel word met 'n tegno-entrepreneur?
Dis iemand wat maniere soek om tegnologie te ontwikkel of te gebruik om die besigheid verder te ontwikkel.
14
Verduidelik wat bedoel word met 'n sosiale entrepreneur?
Dis iemand wat 'n onderneming begin om maatskaplike probleme in die gemeenskap op te los. Gewoonlik Nie-staatsorganisasies (NSO's)
15
Verduidelik wat bedoel word met 'n toerisme-entrepreneur?
Iemand wat 'n gaping in die toerisme-industrie identifiseer en dan goedere/dienste aanbied om toeruste na die land te lok.
16
Veruidelik wat bedoel word met 'n omgewings-entrepreneur?
Iemand wat 'n besigheid skep om omgewingsprobleme op te los en daardeur 'n volhoubare omgewing skep.
17
Verduidelik wat bedoel word met opkomende entrepreneurs?
Dit is entrepreneurs wat voorheen benadeel is.
18
Verduidelik wat bedoel word met informele entrepreneurs?
Dis entrepreneurs wat binne die informele sektore funksioneer.
19
Verduidelik wat bedoel word met jeug-entrepreneurs?
Entrepreneurs wat deel vorm van die baie Private-Publieke-Vennootskap wat opgestel is om te help met die bevordering van jeug-entrepreneurskap.
20
Wat is die 4 opsies wat 'n entrepreneur kan oorweeg op sy pad na entrepreneurskap?
1. Begin 'n nuwe besigheid
2. Koop 'n reeds gevestigde besigheid
3. Koop 'n franchise
4. Familiebesigheid.
21
Wat moet 'n entrepreneur oorweeg wanneer hy 'n nuwe besigheid wil begin?
Die beste vorm van eienaarskap.
22
Noem 9 aspekte wat 'n entrepreneur in ag moet neem wanneer 'n reeds gevestigde besigheid gekoop word.
1. Rede vir die verkoop van die besigheid
2. Kliëntebasis van die besigheid
3. Finansiële posisie van die besigheid
4. Die industrie/mark waarbinne die besigheid funksioneer
5. Kontrakte wat die besigheid reeds gesluit het
6. SAID (SARS) vereistes
7. Die winsgewendheid van die besigheid
8. Die vorm van eienaarskap
9. Huurooreenkomste
23
Beskryf die 4 stappe in die entrepreneursproses
1. Identifiseer 'n geleentheid
2. Bepaal die hulpbronne benodig
3. Ontwikkel die besigheidsplan
4. Om die onderneming te bestuur.
24
Watter studies moet 'n entrepreneur doen voordat hy enige nuwe geleentheid implementeer?
1. Uitvoerbaarheidstudie
2. Lewensvatbaarheidstudie
25
Beskryf waaroor 'n entrepreneur moet navorsing doen voordat 'n nuwe geleentheid geimplementeer word?
1. Navorsingsinstrument
2. Teikenmark (verteenwoordigende steekproef)
3. Die beste perseel vir die besigheid
4. Die mededingers van die besigheid
26
Wat is die resultaat van die navorsingsproses?
Dat die entrepreneur 'n SSGB analise sal kan uitvoer.
27
Noem 4 belangrike aspekte van spanne volgens Timmons se Model van Entrepreneurskap.
1. Dit moet die korrekte span wees
2. 'n Sterk span het die vermoë om 'n geleentheid nog beter te maak.
3. Hoofdoelwit van span moet wees om insetkostes te verlaag en uitsette te verhoog.
4. Span moet korrekte hulpbronne en vaardighede kry om onsekerheid te oorkom en gebeurlikheidsplanne te ontwikkel.
28
Noem die moontlike afdelings van 'n besigheidsplan.
1. Titelbladsy
2. Inhoudsopgawe
3. Beknopte oorsig
4. Markanalise
5. Bemarkingsplan
6. Finansiële plan
7. Produksieplan
8. Organisasieplan
9. Bylae
29
Noem die verskillende faktore wat aan die besigheid 'n mededingende voordeel kan gee.
1. Prys
2. Kliëntgerief
3. Ondervind van kliënt
4. Produkdifferensiasie
5. Tyd
30
Noem die 5 fases in die ontwikkeling van 'n onderneming.
1. Inkubasie
2. Aanvangsfase
3. Deurbraakfase
4. Volwassenheid
5. Daling / Herlewing
Study all 30 cards for free