1Wat is KSV?
KSV gaan oor die verhouding tussen die besigheid (korporatief) en die gemeenskap (sosiaal) en die mate waartoe die besigheid 'n invloed uitoefen op die gemeenskap.
2Wat sê die King kode van KSV?
Die King Kode praat van die besigheid as 'n goeie korporatiewe burger en dat sy aksies moet wys dat dit omgee vir die gemeenskap en die omgewing.
3Noem 8 KSV kwessies wat besighede in die gemeenskap kan aanspreek.
1. Misdaad
2. Armoede
3. Onvoldoende opvoeding
4. Werkloosheid
5. Omgewingskwessies
6. Swak gesondheidsdienste
7. Ongelykhede
8. Gebrekkige behuising
4Wat behels die besigheid se primêre verantwoordelikheid?
Dit is die besigheid se verpligting om die belange van die belanghebbendes wat direk deur die sukses van die besigheid geaffekteer word in ag te neem. Dit sal werknemers en aandeelhouers insluit.
5Wat behels die besigheid se sekondêre verantwoordelikheid?
Dit is teenoor belanghebbendes wat indirek deur die besigheid se aktiwiteite geaffekteer word, bv die gemeenskap, die regering en die omgewing.
6Wat is die 4 vlakke van verantwoordelikheid, volgens Blowfield en Murray se piramide?
1. Ekonomiese verantwoordelikheid
2. Regsverantwoordelikheid
3. Etiese Verantwoordelikheid
4. Diskresionêre Verantwoordelikheid.
7Wat beteken ekonomiese verantwoordelikheid?
Dat 'n besigheid verantwoordelik is daarvoor om te verseker dat dit ekonomies aktief is (d.w.s. dat goedere/dienste teen 'n wins verkoop word, waaruit werknemers en aandeelhouers dan kan voordeel trek).
8Wat beteken regsverantwoordelikheid?
Alle besighede het die verantwoordelikheid om te verseker dat dit die wette van die land waarbinne dit funksioneer onderhou.
9Wat beteken etiese verantwoordelikheid?
Die besigheid moet verseker dat dit eties-gesonde besigheidsbesluite neem wat nie 'n negatiewe impak op die belanghebbendes en die volhoubare toekoms van die gemeenskap en die omgewing sal hê nie.
10Wat beteken diskresionêre verantwoordelikheid?
Die besigheid moet besin oor hoe en aan wie dit gaan teruggee. Dit gaan oor die bou van 'n handelsnaam wat staan vir waardes, en om dat te verseker dat hierdie waardes uitgeoefen word deur al die besigheidsaktiwiteite, intern sowel as ekstern.
11Noem 8 argumente ten gunste van KSV
1. Groter ondersteuning van gemeenskap
2. Mense sal omgewing verlaat as besigheid nie KSV doen nie
3. Gewillige KSV maak wetgewing vir implikasie onnodig.
4. Verhoogde lewenstandaarde van gemeenskap.
5. Beskerm hulpbronne vir toekomstige geslagte.
6. Help met innovasie in besigheid.
7. Lei tot meer etiese optrede.
8. uitbreiding van reeds bestaande programme na gemeenskap.
12Noem 7 argumente TEEN KSV
1. Doen afbreuk aan kernaktiwiteite.
2. Minder geld in aandeelhouers se sak.
3. Moeilik om voordeel van KSV te meet.
4. Gemeenskap plaas druk vir meer KSV.
5. Nie alle pogings is volhoubaar nie.
6. Besighede probeer mense mislei met groenwassery.
7. Staat skuif verantwoordelikheid af op besighede.
13Wat is "groenwassery"?
Dit is wanneer besighede belanghebbendes probeer mislei ten opsigte van hulle omgewingspraktyke.
14Wat is die kriteria as 'n besigheid die klem wil plaas op volhoubaarheid?
1. Maak eie funksies omgewings-volhoubaar.
2. Maak eie funksies sosiaal-volhoubaar.
3. Maak die samelewing volhoubaar.
4. Beinvloed verskaffers.
15Watter kwessies moet in die werksplek aangespreek word ten einde die besigheid se eie onderneming en optrede sosiaal-volhoubaar te maak?
1. SEB (Swart ekonomiese bemagtiging)
2. MIV/Vigs en ander gesondheidskwessies.
3. Bemagtiging en vaardigheidsontwikkeling.
4. OHS-wetgewing (beroepsveiligheid)
5. Vakbond-betrokkenheid.
16Wie is 'n besigheid se belanghebbendes?
1. Personeel
2. Kliënte
3. Aandeelhouers
4. Reguleerders
5. Regering
6. Media
7. Gemeenskappe
8. Verskaffers
9. Vakbonde
17Wat is die stappe in die ontwerp van 'n KSV program?
1. Kommunikeer belangrikheid van KSV met almal
2. Bestuur moet beleid opstel
3. Kommunikeer beleid na almal vir inkoop.
4. Koppel KSV aan prestasie-beoordeling
5. Almal betrokke by dinkskrums vir idees
6. Kyk na beskikbare vaardighede en hulpbronne benodig.
7. Implementeer KSV-program
8. Monitor KSV-program
9. Maan aanpassings indien nodig.
18Wat is die 6 beginsels wat Blowfield en Murray voorstel waaroor 'n besigheid moet dink terwyl 'n KSV-strategie geimplementeer word?
1. Konsep van burgerskap
2. Strategiese plan
3. Leierskap
4. Struktuur en bestuur
5. Belangegroepe-verhoudings
6. Deursigtigheid
19Watter inligting behoort in 'n KSV-verslag ingesluit te word?
1. Besigheidsprofiel
1.1 visie en missie
1.2 grootte en bedryffunksies
1.3 oorkoepelende handelsnaam
1.4 impakareas - intern sowel as ekstern
2. Verbintenis van direksie
3. Omgewings- en sosiale besigheidsbeleid
4. Bestuurstelsels.