1Watter verantwoordelikheid plaas die grondwetlike reg van regverdige administratiewe optrede op die burgers van die land?
Die verantwoordelikheid om op 'n sekere manier op te tree wat respek toon vir ander mense en besighede se regte,en te weet dat indien jy nie hierdie regte respekteer nie, jy voor die hof gedaag kan word.
2Watter verantwoordelikheid plaas die grondwetlike politieke reg op die burgers van die land?
Elke burger wat stemreg het, het die verantwoordelikheid om te stem vir 'n politieke party wat die land se belange op die hart dra.
3Watter verantwoordelikheid plaas die grondwetlike reg op kos en water en gesondheidsorg op die burgers van die land?
Elke burger het die verantwoordelikheid om die land se hulpbronne met respek te behandel.
4Watter verantwoordelikheid plaas die grondwetlike reg teen kindermishandeling en uitbuiting op die brugers van die land?
Selfs kinders het die verantwoordelikheid om nie ander te mishandel en uit te buit nie. Moenie boelie nie!
5Watter verantwoordelikheid plaas die grondwetlike reg op basiese onderwys op die burgers van die land?
Die reg op onderwys plaas 'n verantwoordelikheid op die leerer om skool toe te gaan en te leer.
6Wat behels organisatoriese kultuur?
Organisatoriese kultuur kan gedefinieer word as die algemene opvatting by werknemers rakende reg en verkeerd, en aanvaarbare teenoor onaanvaarbare gedrag.
7Hoe word 'n kultuur van etiese optrede in 'n besigheid gevestig? Noem 4 kwessies.
1-Deur die werwing en aanstelling van mensse wat op 'n etiese wyse sal optree.
2-Deur die bestuur wat te alle tye die voorbeeld moet stel en eties moet optree.
3-Deur die gewenste organisatoriese kultuur af te dwing, en te verseker dat daar gevolge is vir werknemers wat nie volgens duidelik bepaalde beginsels optree nie.
4-Deur die ontwikkeling van formele beleide en etiese kodes, en deur werknemers gereeld te herinner aan die verwagte gedrag.
8Wat is die verskil tussen eties en wettig?
Iets kan wettig wees, maar nie eties in 'n sekere situasie nie.
9Gee 5 voorbeelde van onetiese gedrag wanneer besighede produkte en dienste bemark.
1-Materialise (skep van valse behoeftes) (adverteer drank aan gerehabiliteerde alkoliste)
2-Gee van bedrieglike name aan produkte (noem 'n pizza 'n "verslankingsmaaltyd")
3-Bedrieg van kliente deur tweedehandse goedere as nuwe goedere te verkoop.
4-Enige mededingende advertensies
5-Gebruik van onaanvaarbare taal, diskriminasie teen gestremdes, of deur rassisties te wees. Geen vorm van diskriminasie is aanvaarbaar nie.
10Wat is die definisie van 'n kontrak?
'n Kontrak is 'n geskrewe dokument of 'n verbale ooreenkoms wat wettiglik bindend is tussen twee partye.
11Wat beteken dit as 'n kontrak wettiglik bindend is?
Dit beteken dat die hof verskillende partye sal dwing om die ooreenkoms te eerbieding.
12Noem 5 elemente wat 'n kontrak wettiglik bindend maak tussen twee partye.
1-Handelingsbevoegdheid - persoon word wettiglik toegelaat om 'n kontrak te sluit (bv. minstens 18 jaar oud)
2-By volle verstand - persoon wat kontrak sluit ly nie aan enige geestessiekte nie.
3-Redelik - die voorwaardes van die kontrak moet redelik wees
4-Wettig - geen onwettige aktiwiteite is wettiglik bindend nie of word deur die wet beskerm nie
5-Moontlik - die aktiwiteite wat deel vorm van die kontrak moet fisies uitvoerbaar wees.
13Noem 5 gevalle waar kontrakbreuk plaasvind.
1-as enige van die voorwaardes wat dit 'n wettiglik bindende dokument maak, verbreek word
2-as enige van die partye nie daarin slaag om die vereistes van die kontrak na te kom nie
3-as valse of misleidende inligting deel vorm van die kontrak
4-as 'n persoon gedwing is om 'n kontrak te onderteken of met 'n slenter daarin beland het.
5-as die vereistes van die kontrak onduidelik was vir een van die partye. MAAR onthou "het nie geweet nie" is onder normale omstandighede nie 'n verskoning nie.
14Noem 6 tipes kontrakte.
1-Werkskontrakte
2-Assuransiekontrakte
3-Bruikhuurooreenkomste
4-Afbetalings-verkoop-kontrakte
5-Huurooreenkomste
6-Franchise-ooreenkomste
15Definieer 'n werkskontrak.
'n Werkskontrak is 'n ooreenkoms tussen 'n werkgewer en 'n werknemer waar:
-die werknemer onderneem om sekere pligte uit te voer en sekere sperdatums te haal
-die werkgewer beloof om die werknemer te betaal vir die werk wat gedoen word.
16Met watter wetgewing moet enige werkskontrak in lyn wees in Suid-Afrika?
Wet op Basiese voorwaardes en indiensname
17Watter inligting moet in 'n werkskontrak vervat word?
1-Naam en adres van albei partye
2-Pos-titel
3-Posbeskrywing en verantwoordelikhede
4-Vergoedingstruktuur
5-Verlofbesonderhede
6-Kennisgewingperiode
7-Gedragskode
18Definieer 'n versekeringskontrak.
'n Versekeringskontrak word gesluit tussen die versekeraar en die versekerde:
1-Die versekeraar is die maatskappy wat die risiko dra en wat onderneem om die versekerde te beskerm teen die moontlikheid van verlies, op voorwaarde dat die versekerde voldoen aan sekere vereistes.
2-Die versekerde is die persoon wat sy bates wil beskerm teen potensiële verlies. Hy sal 'n maandelikse premie aan die versekeraar betaal om die risiko aan die versekeraar oor te dra.
19Definieer 'n bruikhuurooreenkoms.
'n Bruikhuurooreenkoms word gesluit tussen 'n bruikverhuurder en 'n bruikhuurder:
1-Die verhuurder is die eienaar van die goedere
2-Die huurder gebruik die goedere teen 'n ooreengekome fooi (gewoonlik maandeliks), maar die goedere word nooit die eiendom van die huurder nie.
20Definieer 'n afbetalingsverkoop-kontrak.
'n Afbetalingsverkoop-kontrak bestaan wanneer 'n verkoper 'n koper toelaat om:
- 'n deposito te betaal
- onmiddellik die goedere in besit te neem
- die goedere in maandelikse paaiemente af te betaal
Eienaarskap word eers oorgedra wanneer die laaste paaiement vereffen is.
Die verkoper voeg gewoonlik rente by die bedrag wat deur die koper afbetaal word.
Die Nasionale kredietwet moet toegepas word op afbetalingsverkooptransaksies.
21Definieer 'n huurooreenkoms
'n Huurooreenkoms is 'n kontrak tussen 'n verhuurder en 'n huurder waar die huurder eiendom huur by die verhuurder.
-die huurder sal 'n maandelikse bedrag betaal soos ooreengekom
-die eiendom wat verhuur word, word nooit die eiendom van die huurder nie
-die huurgeld word op 'n jaarlikse basis hersien
-die Wet op Huurbehuising beskerm die regte van albei partye in die ooreenkoms
22Definieer en verduidelik die begrip franchising.
Franchising is 'n wettige kontrak tussen:
1-'n franchisegewer (die oorspronklike eienaar van die besigheidskonsep)
2-'n franchisenemer (die persoon wat betaal om die besigheidskonsep te gebruik om 'n inkomste te genereer)
'n Franchise-ooreenkoms stipuleer die verhouding, regte en verantwoordelikhede van albei partye
Die franchisegewer onderneem om deurlopende opleiding en ondersteuning te verskaf en om die franhisenemer toe te laat om die handelsnaam en handeelsmerk te gebruik.
Die franchisenemer onderneem om eenmalig en daarna maandelikse / kwartaallikse of jaarlikse gelde te betaal vir die gebruik van die besigheidskonsep.
23Noem 3 belangrike kenmerke van 'n doeltreffende bestuurder.
1-Hy weet aan watter vaardighede hy kortkom, en omring homself met mense wat daarvoor kan kompenseer
2-Hy kan beheer neem van sy eie leerproses en ontwikkeling
3-Hy moet kan werk aan sy swakpunte, en moet sy sterkpunte kan gebruik om sukses in die besigheid te verseker.
24Wat is self-assessering?
Self-assessering aan oor die verstaan van
-wie jy is as 'n persoon (vaardighede, kennis, dinkprosesse en ontwikkelingsvermoë)
-wat die effek is (positief of negatief) wat jy op die mense rondom jou en in jou werksomgewing het.
25Wat is persoonlike ontwikkeling?
Persoonlike ontwikkeling is 'n proses van "rekonstruksie" waar die persoon homself verbeter deur nuwe kennis en vaardighede op te doen met die doel om beter te presteer in potensieel onbekende situasies.
26Wat is die "JOHARI Window"?
Die "JOHARI Window" is 'n instrument wat gebruik kan word om iemand te help om homself beter te verstaan. 'n Matriks word gebruik om selfkennis teenoor dit wat ander mense van 'n persoon dink, op te teken. Hierdeur kan die persoon meer bewus word van hoe hy deur ander gesien word en waar moontlike ontwikkeling benodig word.
27Verduidelik hoe jy die SSGB analise kan gebruik om meer inligting oor jouself te bekom.
Persoonlike sterkpunte - kan vaardighede, ervaring en/of kennis insluit
Persoonlike swakpunte - kan gestremdhede of gebreke, 'n gebrek aan vaardighede en/of gebrek aan kennis insluit.
Geleenthede - kan ontstaan uit die hulpbronne wat jy beskikbaar het, of nuwe ontwikkelings (tegnologie)
Bedreigings kan die gevolg wees van beperkings (tyd, geld), mededingers, veranderings in wetgewing, ongemotiveerde vriende / kollegas of onsekerheid.
28Noem 6 belangrike vaardighede wat belangrik is vir enige persoon om suksesvol te wees in sy rol in die lewe, ongeag of hy in 'n bestuursposisie is of nie.
1-Tydsbestuur
2-Delegering
3-Werkslading en stres
4-Kommunikasie
5-Selfhandhawing
6-Tegnologiese vaardighede
29Noem 7 beginsels om in gedagte te hou wanneer jy delegeer:
1-Ken jou eie vermoëns
2-Verstaan die vermoëns van ander
3-Verstaan verskillende werksrolle
4-Vertrou jou werknemers
5-Kommunikeer doeltreffend
6-Bemagtig jou werknemers
7-Terugvoer en kontrole
30Noem 6 faktore wat kan lei tot stres.
1-Verandering
2-Werkslading
3-Te veel verantwoordelikheid
4-Swak werksomstandighede
5-Werksonsekerheid
6-Finansiële onsekerheid
31Noem 6 simptome of aanwysers van stres.
1-Lae selfbeeld
2-Angs
3-Geirriteerdheid
4-Konsentreer op moeilikheid
5-Moedheid / slaapprobleme
6-Mediese kwessies soos bloeddrukprobleme, depressie, maagprobleme, hoofpyne
32Noem 6 tegnieke hoe om stres te hanteer.
1-Weet wat stres in jou lewe veroorsaak
2-Stel grense en leer om "nee" te sê vir jouself en vir ander.
3-Beplan jou aktiwiteite en sperdatums
4-Leer om te ontspan
5-Leer om hulp te vra
6-eet goed en maak seker jy slaap genoeg.
33In watter verskillende vorme / formate kan kommunikasie plaasvind?
1-Verbale kommunikasie
2-Geskrewe kommunikasie
3-Liggaamstaal
34Noem 5 kommunikasievaardighede wat 'n bestuurder benodig.
1-Goeie spreker
2-Goeie luisteraar
3-Interpreteer nie-verbale boodskappe
4-Selfversekerd oor die telefoon
5-Goeie gebruik van elektroniese kommunikasie
35Watter etiese beginsels moet in ag geneem word wanneer besigheidsbesluite geneem word?
1-Gebruik bestaande reëls en riglyne
2-Ontwikkel 'n sin vir geregtigheid en regverdigheid
3-Laat ander se insette toe
4-Kies die manier wat mees voordelig is vir die behoeftes van die werknemers
5-Gebruik jou gesonde verstand
6-Ontwikkel 'n begrip vir die waardes en kern-identiteit van die besigheid
7-Verseker dat jy nie optree uit selfbelang nie
36Noem 5 hulpbronne wat bestuurders kan gebruik om hul professionele beeld te verbeter:
1-Webtuistes
2-Boeke
3-Kursusse
4-Lewensafrigters (life coaches)
5-Beeldkonsultante (image consultants)
37Noem 6 aspekte wat gereflekteer word deur 'n professionele beeld:
1-Trek gepas aan vir die werk
2-Die wyse waarop jy met mense omgaan
3-Die wyse waarop jy jou werk afhandel
4-Die manier waarop jy jou gedra tussen mense
5-Die tipe besluite wat jy neem
6-Jou voetspoor in sosiale media
38Verduidelik hoe 'n SMART persoonlike doelwit lyk.
S-Spesifiek - Duidelik en presies
M-Meetbaar - doelwitte moet geassesseer kan word
A-Achievable/Uitvoerbaar - doelwitte moet realisties wees
R-Relevant - doelwitte moet relevant tot die persoon en besigheid wees
T-Tydgebaseerd - Daar moet 'n begin- en eindtydperk wees.
39Verduidelik die konsep van self-kennis.
Self-kennis het te doen met kennis oor jouself en oor verstaan wat jou as individu motiveer.
40Verduidelik die konsep van selfversekerdheid.
Self-versekerdheid is die vlak van vertroue wat jy plaas in jou vermoë om 'n sekere taak te kan doen. Dit gaan oor of jy jouself kan aanvaar met al jou swakhede en tekortkominge. Verder word dit gesien as 'n kerneienskap van suksesvolle mense. Mense wat selfversekerd is, fokus op hul sterkpunte en benader nuwe take met selfvertroue en positiwiteit.
41Verduidlik die konsep van aanpasbaarheid.
Aanpasbaarheid verwys na 'n persoon wat buigsaam kan wees m.b.t. situasies en take. aanpasbare mense sal makliker verandering aanvaar. Navorsing het getoon dat mense wat gewillig is om aan te pas, is meer geneig om risiko's te neem. Selfvertroue sal dus waarskynlik lei tot 'n beter kans op sukses.