Gr 11 Hfst 5 - Vorme van eienaarskap

52 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Waarna verwys die term stigtingsprosedure?
Na die feit dat, volgens Suid-Afrikaanse wet, sekere besighede geregistreer moet wees, terwyl ander geen formele stigtingsprosedures benodig nie.
2
Waarna verwys die term regspersoon?
As die wet vereis dat die besigheid geregistreer moet word, beteken dit dat die besigheid self 'n regspersoon word, geskei van die eienaar. 'n Aparte regspersoon kan kontrakte sluit, en vervolg word.
3
Waarna verwys bestaanskontinuiteit?
Dit beteken die besigheid bestaan as 'n entiteit en funksioneer onafhanklik van die eienaar. As daar dus 'n verandering in eienaarskap is, sal die besigheid nie daardeur geraak word nie.
4
Waarna verwys die term regsaanspreeklikheid?
As die besigheid geregistreer is as 'n aparte regsentiteit, is dit verantwoordelik vir sy eie skuld en kan die eienaar nie aanspreeklik gehou word vir enige skuld nie.
5
Wat is 'n alleenhandelaar?
'n Besigheid wat begin is en besit word deur EEN persoon, en daardie persoon registreer nie die besigheid as 'n aparte regsentiteit nie. Dit beteken ook dat een persoon al die kapitaal ingesit het, en dat een persoon al die winste kry.
6
Verduidelik die stigtingsprosedure van 'n alleenhandelaar.
Daar is geen wetlike vereiste rakende stigting nie, dit is vinnig en goedkoop.
7
Verduidelik die regspersoonlikheid van 'n alleenhandelaar.
Die eienaar is die regsentiteit en moet kontrakte sluit in sy eie naam. Dit beteken ook dat die eienaar al die risiko's self dra.
8
Beskryf die bestaanskontinuiteit van 'n alleenhandelaar.
'n Alleenhandelaar het geen bestaanskontinuiteit nie.
9
Verduidelik die alleenhandelaar se aanspreeklikheid vir skuld.
Die eienaar het onbeperkte aanspreeklikheid vir die skuld van die besigheid.
10
Bespreek die belastingimplikasies van 'n alleenhandelaar.
Dit hang af van die wins wat die besigheid genereer. Die wins word belas op progressiewe belastingskale, wat beteken dat dit belastingkoers hoër raak soos wat die wins toeneem.
11
Bespreek die vermoë van 'n alleenhandelaar om kapitaal te bekom vir sy besigheid.
Die eienaar moet alle kapitaal self bekom/voorsien, en kan dalk dus beperkte beskikbaarheid van kapitaal ervaar, wat hom sal dwing om 'n ander vorm van eienaarskap te oorweeg.
12
Wat is die voordeel van die bestuur en beheer van 'n alleenhandelaar?
Die eienaar bestuur die besigheid alleen, kan vinnige besluite neem.
13
Wat is die nadeel van die bestuur en beheer van 'n alleenhandelaar?
Die eienaar het dalk niemand om mee idees uit te ruil of probleme te bespreek nie.
14
Wat is die definisie van 'n vennootskap?
'n Vennootskap is 'n besigheid waar 2 of meer persone gesamentlike eienaarskp van die besigheid het. Hulle sal gewoonlik kapitaalbydraes, winste en verliese deel deur gebruik te maak van 'n voorafbepaalde verhouding. Die besigheid is nie geregistreer as 'n regsentiteit onafhanklik van die eienaars nie.
15
Wat behels die stigtingsprosedure van 'n vennootskap?
Daar is geen wetlike vereistes nie, dit is vinnig en goedkoop. 'n Vennootskapsooreenkoms kan op skrif gesluit word, maar dit is nie 'n wetlike vereiste nie. As daar nie 'n venootskapsooreenkoms is nie, kan dit sake bemoeilik as daar twis tussen die vennote ontstaan.
16
Verduidelik die regspersoonlikheid van 'n vennootskap.
Die eienaars is die regsentiteite en hulle sluit kontrakte in hul eie name. Dit beteken ook dat die eienaars al die risiko's dra.
17
Verduidelik die bestaans kontinuiteit van 'n vennootskap.
Die besigheid het geen bestaanskontinuiteit nie. As een van die vennote sterf of aftree, moet 'n nuwe vennootskap onderteken word, dus 'n nuwe besigheid.
18
Bespreek die aanspreeklikheid van vennote vir skuld in 'n vennootskap.
Vennote is gesamentlik en afsonderlik, onbeperk aanspreeklik, aangesien die vennootskap nie 'n regsentiteit op sy eie is nie.
19
Verduidelik die belastingimplikasies van 'n vennootskap.
Vennote is elkeen in hul persoonlike hoedanigheid, aanspreeklik vir belasting op hulle deel van die wins. Elke vennoot betaal belasting in sy eie naam, volgens 'n progressiewe belastingtabel, wat beteken hoe meer wins, hoe meer belasting moet betaal word.
20
Wat is die kapitaalverkrygingspotensiaal van 'n vennootskap?
'n Vennootskap is in staat om meer kapitaal te genereer, aangesien elke vennoot 'n bydrae kan maak.
21
Bespreek die bestuur- en beheeraspekte van 'n vennootskap.
Kwaliteit van besluitneming in 'n vennootskap is beter, want daar is meer mense wat insette kan lewer, dus kombinasie van kennis en vaardighede is groter. Verdeling van arbeid is moontlik, en elke vennoot kan spesialiseer in dit waarin hy spesifieke vaardighede besit.
22
Wat is 'n vennootskapsooreenkoms, en hoe word dit gesluit?
Dit is 'n ooreenkoms wat die terme en voorwaardes waarop die vennote ooreengekom het bevat, en kan op die volgende maniere gesluit word:
1-as vanselfsprekend (deur implikasie met geen formele bespreking)
2-verbale / mondelinge ooreenkoms
3-skriftelike ooreenkoms (altyd veiliger)
23
Wat is die definisie van 'n Maatskappy?
'n Maatskappy word gedefinieer as 'n regsentiteit geinkorporeer in terme van die Maatskappywet Nr 71 van 2008. Dit sluit in enige maatskappy wat geregistreer was onder die ou Maatskappy wet, asook 'n Beslote Korporasie.
24
By watter organisasie word Maatskappy geregistreer?
By CIPC (Companies and Intellectual Property Commission)
25
Noem 5 doelwitte van die Maatskappywet:
1-om entrepreneurskap aan te moedig deur deelname aan verskillende sektore van die ekonomie
2-om die algehele welstand van die Suid-Afrikaanse ekonomie te bevorder
3-om die registrasie- en bestuursproses van 'n maatskappy te vereenvoudig
4-om te verseker dat die regte en verpligtinge van aandeelhouers en direkteure in lyn is met mekaar deur te verseker dat maatskappye op 'n verantwoordelike manier bestuur word.
5-om te verseker dat nie-winsgewende maatskappy gestig en bestuur word op 'n wyse wat hul funksionering meer effektief sal maak, asook om hul aanspreeklikheid te verseker.
26
Noem twee tipes maatskappye wat voorsiening gemaak word in die Maatskappywet
1-Winsgedrewe maatskappye
2-Nie-winsgewende maatskappye
27
Noem 4 tipes winsgedrewe maatskappye wat geregistreer kan word in terme van die Maatskappywet.
1-Staatsbeheerde maatskappy
2-Privaat maatskappy
3-Publieke maatskappy
4-Persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy
28
Beskryf die voorskrifte van die Maatskappywet ten opsigte van die naam van 'n maatskappy
1-Die naam mag nie dieselfde wees of gelykstaande wees aan die naam van 'n bestaande besigheid nie.
2-Die naam mag nie onvanpas of beledigend wees teenoor enige groep van die gemeenskap nie.
3-Die naam mag nie voorgee dat dit geassosieer word met enige persoon of besigheid nie
4-Die naam mag nie misleidend wees of voorgee dat dit geassosieer word met die Suid-Afrikaanse of enige buitelandse regering nie.
29
Waarin moet die naam van 'n Privaatmaatskappy einding?
(Edms) Bpk of "Eiendoms beperk"
30
Waarin moet die naam van 'n Publieke maatskappy eindig?
Bpk. of "Beperk"
31
Waarin moet die naam van 'n Persoonlike Aanspreeklikheidsmaatskappy eindig?
Inc. of "Incorporated" / Ing. of "Ingelyf"
32
Waarin eindig die naam van 'n maatskappy wat in staatsbesit is?
SOC (State owned Company)
33
Waarin eindig die naam van 'n maatskappy sonder winsoogmerk?
NPC (Not for Profit Company)
34
Noem die 3 stappe in die stigtingsprosedure van 'n maatskappy.
1-Betaal die vereiste gelde
2-Voltooi 'n Kennisgewing van Inkorporasie
3-Registreer 'n Akte van Inkorporasie
35
Beskryf en verduidelik wat 'n Akte van Inkorporasie behels:
1-Dis die stigtingsdokument waarmee 'n maatskappy begin word
2-Dit stipuleer verskillende soorte aandele wat verkoop sal word, asook die daarmee gepaardgaande regte, pligte en verantwoordelikhede van die aandeelhouers
3-Dit beskryf die pligte, verantwoordelikhede en aanspreeklikheid van direkteure
4-Dit mag strenger of meer indringende vereistes op direkteure afdwing
5-Dit mag verander word deur middel van 'n spesiale resolusie wat deur die aandeelhouers goedgekeur word.
36
Wat is die minimum aantal aandeelhouers van beide 'n private of 'n publieke maatskappy?
Een
37
Wat is die minimum aantal direkteure van 'n publieke maatskappy?
Drie
38
Wat is die minimum aantal direkteure van 'n privaat maatskappy?
Een
39
Wat is 'n prospektus?
Die prospektus is 'n geskrewe uitnodiging aan die publiek om aandele in die maatskappy te koop.
40
Waarom mag 'n privaat maatskappy nie 'n prospektus uitreik nie?
Omdat 'n privaat maatskappy nie aandele aan die publiek mag verkoop nie.
41
Op watter 3 maniere kan aandeelhouers vergaderings bywoon?
1-Fisiese teenwoordigheid (self)
2-Deur middel van elektroniese media
3-Deur iemand volmag te gee om namens hulle die vergadering by te woon
42
Hoeveel dae kennis moet maatskappye gee vir aandeelhouersvergaderings?
1-Publieke maatskappye - 15 besigheidsdae kennis
2-Privaat maatskappye - 10 besigheidsdae kennis
43
Wat is die kworumvereiste vir vergaderings?
Dat 25% van aandeelhouers met stemreg teenwoordig moet wees.
44
Beskryf die pligte van direkteure
1-Direkteure het 'n fidusiêre plig om in die beste belang van die maatskappy op te tree
2-Direkteure moet in goedertrou optree
3-Direkteure moet die vaardigheid en hardwerkendheid toon wat van 'n redelike persoon verwag kan word.
4-Direkteure moet persoonlike finansiële belange openbaar maak om botsende belange te verhoed.
45
Verduidelik die finansiële verpligtinge van maatskappye.
1-Maatskappye moet jaarliks finansiële state opstel
2-Maatskappye se state moet voldoen aan IFRS (International Financial Reporting Standard)
3-Maatskappye se state moet op lêer geplaas word by CIPC.
4-Publieke maatskappye moet hul state laat oudit
5-Publieke maatskappye moet ook 'n maatskappysekretaris, interne ouditkomitee en eksterne ouditeur aanstel.
6-Maatskappye moet te alle tye die solvensie- en likiditeit-toetse nakom voor dividende verklaar of aandele teruggekoop word.
46
Wat is die solvensietoets?
Dit is 'n toets om te bepaal of die maatskappy se bates sy laste oorskry, op die langtermyn.
47
Wat is die likiditeitstoets?
Dit is 'n toets om te bepaal of die maatskappy se bates sy laste oorskry, op die kort termyn.
48
Bespreek die regspersoonlikheid van 'n maatskappy.
'n Maatskappy is 'n regsentiteit, apart van sy eienaars (aandeelhouers).
49
Bespreek die bestaanskontinuiteit van 'n maatskappy
Die besigheid het bestaanskontinuiteit, ongeag die lewe van die eienaars.
50
Bespreek die eienaars se aanspreeklikheid vir skulde, in die geval van 'n maatskappy
Die eienaars (aandeelhouers) het beperkte aanspreeklikheid, en kan dus slegs hul kapitaalbelegging verloor indien die besigheid insolvent verklaar word.
51
Bespreek die belastingimplikasies van 'n maatskappy.
'n Maatskappy word nie volgens 'n progressiese tabel belas nie, maar wel teen 'n vaste belastingkoers van 27%, ongeag wat die wins is.
52
Deur wie word 'n maatskappy bestuur?
Deur 'n direksie (Raad van direkteure)
Study all 52 cards for free