1Watter faktore moet oorweeg word wanneer 'n toepaslike vorm van eienaarskap gekies word?
1. Regspersoonlikheid
2. Aanspreeklikheid vir skuld
3. Belastingimplikasies
4. Kontinuiteit
5. Bestuur en beheer
6. Kapitaalbehoeftes
7. Stigtingsprosedures
2Waarna verwys regspersona of regspersoonlikheid?
Dit verwys na die wetlike reg van 'n persoon om kontrakte te sluit, eiendom te besit en te dagvaar of gedagvaar te word.
3Waarna verwys aanspreeklikheid?
Aanspreeklikheid verwys na wie (besigheid of eienaar) verantwoordelikheid sal neem vir die skuld van die besigheid.
4Wat word bedoel met onbeperkte aanspreeklikheid?
Die persoon kan sy persoonlike besittings verloor as die besigheid nie sy skuld vereffen nie.
5Wat word bedoel met beperkte aanspreeklikheid?
die persoon se persoonlike besittings is nie in gevaar as die besigheid nie sy skuld kan vereffen nie.
6Waarna verwys belastingimplikasies?
Dit verwys na wie verantwoordelik sal wees om die belasting op die winste te betaal.
7Wat word bedoel met kontinuiteit?
As die besigheid kontinuiteit het, sal die dood of aftrede van een van die eienaars nie die bestaan van die besigheid affekteer nie.
8Waarna verwys bestuur en beheer?
Die eienaaar moet besluit of hy betrokke wil wees in die daaglikse bestuur van die besigheid, en of hy iemand gaan aanstel om dit te doen.
9Waarna verwys kapitaalgrootte van die besigheid?
Dit verwys na die bedrag geld wat nodig is vir die stiging en funksionering van die besigheid.
10Waarna verwys stigtingsprosedures?
Dit verwys na die verskillende prosedures wat 'n besigheid moet ondergaan om tot stand te kom.
11Beskryf die kenmerke van 'n alleenhandelaar / eenmansaak.
1. Word deur een persoon besit.
2. Eienaar moet al die kapitaal self bydrae.
3. Eienaar moet self al die vaardighede hê.
4. Besigheid is nie 'n aparte regspersoon nie.
5. Eienaar is ten volle verantwoordelik vir die skuld van die besigheid.
6. Besigheid het nie kontinuiteit nie.
7. Eienaar betaal belasting op die winste (progressief)
12Noem die voordele van 'n alleenhandelaar / eenmansaak.
1. Vinnig om tot stand te kom
2. Min onkoste betrokke by stigting
3. Eienaar neem alle winste vir homself.
4. Vinnige besluitneming - hoef nie ander te vra vir opinies nie.
5. As wins laag is, is belastingkoers ook laag (minder as maatskappye)
6. Meer kompetisie hou pryse laag en kwaliteit hoog.
13Noem die nadele van 'n alleenhandelaar / eenmansaak.
1. Word nie geregistreer, so geen skeiding tussen eienaar en besigheid.
2. Groei is beperk, want beskikbare kapitaal is beperk.
3. Eienaar dra alle verantwoordelikheid.
4. Eienaar het nie iemand om besluite mee te bespreek nie.
5. As wins hoog is, kan belastingkoers hoër as dié van maatskappye wees.
6. Daar is geen kontinuiteit nie.
14Wat is 'n venootskap?
'n Venootskap is 'n verbale (mondelinge), geskrewe of selfs geimpliseerde ooreenkoms tussen 2 - 20 persone, om hul geld den vaardighede te kombineer in 'n besigheid.
15Verduidelik die regspersoonlikheid van 'n vennootskap.
'n Vennootskap is nie 'n regsentiteit nie, omdat die besigheid nie geregistreer kan word as 'n aparte regsentiteit apart van die vennote nie. Die individuele vennote is die regsentiteite.
16In terme waarvan word die winste en verliese in 'n vennootskap verdeel?
Ingevolge die vennootskapsooreenkoms.
17Beskryf die besonderhede wat in 'n vennootskapsooreenkoms ingesluit moet word.
1-Naam van vennootskap
2-Adres van besigheid
3-Doelwitte van die besigheid
4-Name en ID nommers van al die vennote
5-Bydraes van elke vennoot
6-Persentasie eienaarskap van elke vennoot
7-Pligte en verantwoordelikhede van elke vennoot
8-Besluitnemingsprosedures
9-Arbitrasieklousule (wat prosedure vir die skikking van geskille tussen vennote beskryf)
10-Proses om die vennootskap te ontbind.
18Beskryf die aanspreeklikheid van vennote vir die skuld van die vennootskap.
Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid vir die skulde van die besigheid, en is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik.
19Noem die voordele van 'n vennootskap.
1-Maklik om te stig
2-Vaardighede en kennis, asook kapitaalbydraes kan gekombineer word
3-Beter besluitneming, want meer mense kan insette lewer
4-Verantwoordelikhede kan verdeel word
5-Skadelike medediging kan geëlimineer word wanneer mense eerder saamwerk
20Noem die nadele van 'n vennootskap
1-Geen skeiding tussen die eienaars en die besigheid nie
2-Kapitaal is beperk tot die bedrag wat die aantal vennote kan bydra of leen
3-Alle vennote moet geraadpleeg word voordat besluite geneem word - dus stadige besluitneming
4-Vennote betaal in hul eie name belasting op hul elkeen se deel van die wins, volgens 'n progressiewe belastingtabel
5-Geen bestaanskontinuiteit
6-Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid vir die skulde van die besigheid
7-Vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik