Gr 11 Hfst 4 - Navorsing en die aanbieding van data en inligting

23 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Wat is die definisie van Besigheidskommunikasie?
Alle kommunikasie wat plaasvind in enige besigheidskonteks (intern sowel as ekstern)
2
Wat word bedoel met die konsep kommunikasie?
Kommunikasie is 'n tweerigting-proses waar inligting deur een persoon of groep gestuur word en deur 'n ander persoon of groep ontvang en geinterpreteer word.
3
Wat is 'n kommunikasiefilter?
Iets wat veroorsaak dat die boodskap misverstaan word, en dat kommunikasie dus minder effektief is.
4
Watter taalprobleme kan kommunikasie filters veroorsaak?
-Gebruik van registers (tegniese taal)
-Gebruik van "slang" of akronieme
5
Watter tipes kommunikasie filters kry mens?
1-Taalprobleme
2-Kulturele verskille
3-Fisiese geraas
4-Fisiologiese faktore
6
Gee 'n voorbeeld van kulturele verskille wat kommunikasie kan belemmer.
As jy bv. vir iemand wat 'n Moslem is, 'n ham en kaas toebroodjie aanbied.
7
Wat kan fisiese geraas alles behels?
Harde musiek, geraas deur masjiene, swak beligting, uiterste temperature, "pop-ups" op die Internet
8
Gee 'n voorbeeld van 'n fisiologiese faktor wat die effektiwiteit van kommunkasie kan belemmer.
Iemand wat honger is.
9
Hoekom is goeie kommunikasievaardighede belangrik in die besigheidswêreld?
Duidelike en verstaanbare kommunikasie laat jou toe om jou idees / inligting oor te dra aan jou teikengehoor.
10
Onderskei tussen 2 vorme van besigheidskommunikasie.
Verbale en nie-verbale kommunikasie.
11
Noem 7 verskillende voorbeelde van verbale besigheidskommunikasie.
1-Telefoon kommunikasie
2-Besigheidsbriewe/state
3-Elektroniese media
4-Besigheidstydskrifte
5-Mondelinge oordrag
6-Besigheidsverslae
7-Besigheidsplanne
12
Noem 5 verskillende voorbeelde van nie-verbale kommunikasie.
1-Lyftaal
2-Grafieke
3-Tabelle
4-Diagramme
5-Illustrasies
13
Noem en beskryf kortliks die verskillende afdelings van 'n besigheidsplan
1-Voorblad
2-Inhoudsopgawe
3-Beknopte Oorsig
4-Kort opsomming
5-SWOT/SSGB analise
6-Algemene bestuursplan (hoe doelstellings bereik gaan word deur visie, missie, doelstellings en waardes te beskryf)
7-Bemarkingsplan (teikenmark, mededingers, mededingende voordeel, Unieke verkoopsaanbod)
8-Finansiële plan (uiteensetting van kapitaal (eie en/of geleende), begrotings en finansiële state
9-Organisatoriese kaart van Menslike-kapitaal afdeling (organogram)
10-Operasionele plan (wat gaan verkoop word, waar word dit verkry, ens.)
11-Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheidsplan (hoe KSV geinkorporeer gaan word)
12-Alternatiewe planne / noodplanne
13-Aanhangsels met ekstra dokumentasie
14
Noem 4 belangrike punte om te onthou wanneer jy reageer op Besigheidskommunikasie.
1-Antwoorde telefoonoproepe so gou moontlik, en gee terugvoer wanneer jy dit belowe het
2-Maak seker spelling en taalgebruik is formeel en korrek in briewe ens.
3-Moenie antwoord wanneer jy ontsteld is nie, antwoord eerder later op 'n kalm en professionele wyse.
4-Luister aandagtig, en maak verskoning wanneer nodig.
15
Wat is primêre navorsing?
Primêre navorsing is veldnavorsing waar oorspronklike of nuwe data eerstehands ingesamel word deur vraelyste, onderhoude, fokusgroepe, eksperimente of waarneming.
16
Waarna verwys die woord protokol?
Protokol verwys na die korrekte prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n taak uitgevoer word.
17
Wat is die korrekte protokol vir primêre navorsing?
1-Navorsingsonderwerp en doelstellings moet duidelik gemaak word. Formuleer 'n duidelike hipotese oor WAT nagevors word.
2-doen eers sekondêre navorsing om te sien of iemand al vantevore oor die onderwerp geskryf het.
3-bepaal die mees gepaste navorsingsmetode (elkeen het sy eie voordele en nadele), bv. ondervraging, vraelyste, eksperimente, ens.
4-Oorweeg etiese kwessies en bepaal of daar voortgegaan kan word met navorsing. (geen lewensgevaar, verkry mense se toestemming)
5-Maak seker die steekproef is die korrekte grootte
6-Beskryf die tydlyn van die navorsing duidelik (wanneer om te begin, sperdatums, ens.)
7-Ontwikkeling van navoringsinstrumente
18
Noem 'n paar kwessies wat in gedagte gehou moet word wanneer navorsingsinstrumente (vraelyste, ens) ontwikkel word?
1-Oppas vir vrae wat vaag is
2-Oppas vir sensitiewe vrae
3-Oppas vir te spesifieke vrae wat die respondent sal lei tot 'n spesifieke antwoord
4-Dubbelloop-vrae is verwarrend
19
Wat is sekondêre navorsing?
Die navorser kyk na dit wat ander mense gesê het oor die odnerwerp en verwerk dan 'n aantal van ander se menings om sy eie gevolgtrekking te maak.
20
Wat is een van die grootste probleme wanneer dit kom by sekondêre navorsing?
Plagiaat
21
Wat is plagiaat?
Plagiaat is wanneer jy ander mense se navorsing "kopieer-en-plak" en dit dan as jou eie werk aanbied.
22
Wat is sommige van die algemeenste foute of probleme met navorsing?
1-Die gebruik van een bron waarop jy jou hele projek baseer, is nie navorsing nie.
2-Wees versigting om nie te veralgemeen vanuit 'n vorige studie nie.
3-Wees bewus daarvan dat nie alles wat jy lees korrek is nie (veral op die Internet)
4-Jou doel met navorsing moenie wees om jou eie vooropgestelde idees te bevestig nie.
5-Oppas vir die Hawthorne effek
23
Wat is die Hawthorne effek?
Dit is wanneer mense hul gedrag / respons verander om in te pas by wat hulle as "korrek" beskou.
Study all 23 cards for free