Gr 10 Hfst 5 - Kreatiewe denke

17 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Noem die 3 sleutelelemente van die 3P-model van kreatiwiteit.
1-P-Persoon
2-P-Proses
3-P-Produk
2
Watter tipe denke kom vanuit die linkerbrein?
1-Logies
2-Rasioneel
3-Wiskundig
4-Gedetailleerd
3
Watter tipe denke kom vanuit die regterbrein?
1-Kunstig
2-Emosioneel
3-Buigsaam
4-Oorspronklik
4
Watter drie faktore vorm deel van 'n kreatiewe persoon?
1-Kundigheid
2-Motivering
3-Kreatiewe denkvaardigheid
5
Beskryf die 4 stappe in die kreatiewe denkproses.
1-Identifiseer 'n ideeeleentheid gebaseer op 'n behoefte wat nie bevredig is nie
2-Bedink die ideeeleentheid tot jy seker is jy verstaan dit heeltemal
3-Verander die idee in 'n produk/diens wat teen 'n wins verkoop kan word.
4-Beskerm die idee (patent / kopiereg)
6
Noem 6 kreatiewe probleemoplossings-tegnieke.
1-Dinkskrum
2-SSGB/SWOT Analise
3-PESTLE
4-5W en H Tegniek
5-Assosiasie-Tegniek
6-Probleem-ommekeringstegniek
7
Wat is die 6 vrae wat gevra moet word tydens die gebruik van die 5W en H Tegniek?
1-Wie?
2-Wat?
3-Waar?
4-Wanneer?
5-Waarom?
6-Hoe?
8
Beskryf die assosiasie-tegniek
Die assosiasie-tegniek vereis dat 'n persoon verbande (assosiasies) tussen verbandhoudende of nie-verbandhoudende konsepte kan identifiseer.
9
Beskryf die probleem-ommekeringtegniek.
Die probleem-ommekeringstegniek dwing 'n persoon om die probleem van alle kante te bekyk. Bv. "In plaas daarvan dat ons moet uitgaan en misdadigers soek, hoe kan ons die misdadigers dwing om na ons toe te kom?"
10
Wat is die moontlike opsies wat die entrepreneur aan kan dink om 'n idee te kry wat in 'n besigheidsgeleentheid omskep kan word?
1-Fundamentele veranderinge aan 'n huidige produk
2-Inkrementele veranderinge aan 'n bestaande produk
3-ontiwkkel 'n heeltemal nuwe produk
4-Verandering of verbetering van die produksieproses
5-Verandering in tegnologie
11
Noem 5 maniere waarop 'n entrepreneur sy intellektuele eiendom kan beskerm in Suid-Afrika.
1-Patente
2-Lisensiëring van "bedryfskennis"
3-Handelsmerke
4-Onwettige mededinging
5-Kopiereg
12
Noem die drie tipes idees wat gepatenteer kan word.
1-Nuwe diens
2-Nuwe produk
3-Nuwe produksieproses/-metode
13
Noem 5 nie-patenteerbare idees in Suid-Afrika.
1-Argitektoniese ontwerpe
2-Skemas: belegging en versekering
3-Besigheidsmetodes: krediet, voorraadbeheer, vervoer
4-Wiskundige metodes
5-Estetiese skeppings: mode-ontwerpe
14
Wat is 'n kreatiwiteitsblok?
'n Kreatiwiteitsblok verwys na die onvermoë om 'n probleem op te los.
15
Maak 7 moontlike voorstelle oor hoe om 'n kreatiwiteitsblok te oorkom?
1-Staak dit! Soms is dit beter om te stop en oor te begin.
2-Onderbreek die kreatiewe proses deur doelbewus iets anders te doen.
3-Hou op om dit te vermy of uit te stel en doen dit net!
4-Moenie bang wees om 'n fout te begaan nie!
5-Dans voor die spieel of staan op jou kop (dit sal jou bloed help vloei en jou help ontspan)
6-Wees altyd bereid om nuwe idees te inkorporeer of nuwe maniere om dinge te doen, uit te probeer.
7-Leer by ander. Reik uit en leer by mekaar!
16
Wat is inheemse denke?
Inheemse denke verwys na die maniere van wat mense weet / ken / sien en hoe dinge geproduseer word wat van geslag tot geslag oorgelewer word in 'n spesifieke land of area.
17
Hoe kan inheemse denke help met kreatiwiteit?
Hierdie manier van dink kan help om probleme op te los op 'n unieke en andersoortige manier wat die res van die wêreld nie ken nie. Dit kan 'n mededingende voordeel skep vir die besigheid.
Study all 17 cards for free