Gr 10 Hfst 9 - Produksiebestuur

37 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Produksiebestuur
Die bestuur van prosesse wat waarde skep met die doel om die behoeftes en/of begeertes van verbruikers te bevredig. [p. 88]
2
Produksie
Die proses van waarde skep waartydens goedere geproduseer of vervaardig word. [p. 88]
3
Grondstowwe
Al die natuurlike hulpbronne wat gebruik word in die produksie van goedere en dienste. [p. 88]
4
Kapitaal
Geld en vaste bates (soos masjinerie of geboue) wat gebruik word wanneer goedere en dienste vervaardig word. [p. 88]
5
Entrepreneurskap
Die identifisering van geleenthede om grondstowwe, kapitaal, arbeid en inligtingstegnologie te kombineer om produkte te lewer. [p. 88]
6
Arbeid
Die vaardighede, kennis en ervaring van die mense (menskapitaal) wat in die produksieproses betrokke is. [p. 88]
7
Inligtingstegnologie
Die gebruik van tegnologie (soos nuwe masjiene, aanlynwinkels of aanlyn-bankdienste) om kliënte se behoeftes te bevredig. [p. 88]
8
Inset
Die eerste stap van die produksiefunksie wat verseker dat die korrekte grondstowwe, kennis, kapitaal en inligting in plek is om produksie te begin. [p. 89]
9
Transformasie
Die omskakelingsproses waar die bestuurder verseker dat fasiliteite, arbeid en kapitaal gebruik word om insette te verwerk na uitsette. [p. 89]
10
Uitset
Die finale geproduseerde goedere of dienste wat aan voorafbepaalde gehaltestandaarde en kriteria moet voldoen. [p. 89]
11
Aanvaarding
Die stadium waar goedere of dienste wat aan gehaltestandaarde voldoen, deur bemarkingsaktiwiteite aan die kliënte verkoop word. [p. 89]
12
Langtermynbesluite
Strategiese besluite soos die keuse van fabrieksperseel, fabrieksuitleg, produksiestelsel of produkontwerp wat lank neem om te implementeer. [p. 90]
13
Mediumtermynbesluite
Besluite rakende die produksiebegroting, produksie-hoeveelhede, materiaalbestuur, veiligheidsmaatreëls en masjienonderhoud. [p. 90]
14
Korttermynbesluite
Daaglikse besluite rakende die daaglikse werkplan en die deurlopende implementering van gehaltebeheer. [p. 90]
15
Fabrieksuitleg
Die fisiese plasing van toerusting, masjinerie en materiale wat gebruik word in die produksieproses binne die fabrieksgebou. [p. 91]
16
Buigsaamheid (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat verseker dat 'n fabrieksuitleg maklik verander of aangepas kan word indien produksiebehoeftes verander. [p. 92]
17
Koördinasie (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat 'n maklike vloei (inset tot uitset) toelaat sodat produksieprosesse glad verloop sonder opeenhopings. [p. 92]
18
Afstand (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat vereis dat die afstand wat materiaal tussen verskillende produksiepunte moet beweeg, so kort as moontlik gehou word. [p. 92]
19
Hantering (in fabrieksuitleg)
Die veilige en doeltreffende hantering van grondstowwe en klaarprodukte om skade of vermorsing te verminder. [p. 92]
20
Beste gebruik van ruimte
Die optimale benutting van beskikbare vloer- en vertikale ruimte in die fabriek om toerusting of voorraad te plaas. [p. 92]
21
Sigbaarheid (in fabrieksuitleg)
Die vereiste dat alle toerusting en materiale duidelik sigbaar moet wees om misplasings of ongelukke te voorkom. [p. 92]
22
Beperk ongemaklikhede
Die kriteria wat daarop gemik is om werknemers te beskerm teen swak lig, uiterste hitte, geraas of reuke in die fabriek. [p. 92]
23
Veiligheid (in fabrieksuitleg)
Die top-prioriteit wat verseker dat alle risiko's in die fabriek verwyder word en die nodige voorsorgmaatreëls getref is. [p. 92]
24
Massaproduksie
'n Deurlopende produksiestelsel waar groot hoeveelhede gestandaardiseerde produkte vinnig met behulp van monteerbane en outomatisering vervaardig word. [p. 93]
25
Stukwerkproduksie
'n Onderbroke produksiestelsel waar unieke, persoonlik-ontwerpte items volgens die kliënt se spesifikasies op bestelling vervaardig word. [p. 93]
26
Spul- of groepproduksie
'n Onderbroke produksiestelsel waar groot hoeveelhede soortgelyke produkte in groepe of spulle vervaardig word (bv. 'n dosyn of honderd). [p. 94]
27
Kombinasie-produksie
'n Moderne stelsel wat elemente van massaproduksie, stukwerk of spulproduksie kombineer om meer kliëntgerigte goedere te lewer. [p. 94]
28
Produksiespesifikasie
Die presiese bepaling van die metodes en materiale wat gebruik word om te verseker dat die finale produk aan gehaltestandaarde voldoen. [p. 94]
29
Minimum voorraadvlak
Die laagste voorraadvlak wat geduld kan word voordat produksie negatief beïnvloed word en 'n nuwe bestelling geplaas moet word. [p. 96]
30
Maximum voorraadvlak
Die hoogste geoorloofde vlak van voorraad om te verhoed dat goedere verouder, beskadig raak of onnodige koste veroorsaak. [p. 96]
31
EPOSSE
Elektroniese stelsel (Electronic Point of Sale) wat verkoopte items skandeer en die voorraadvlakke outomaties op die rekenaar aanpas. [p. 96]
32
Masjienbesetting
Die aantal ure per dag wat 'n spesifieke masjien in die fabriek aktief gebruik word. [p. 98]
33
Korrektiewe onderhoud
Instandhouding of herstelwerk wat eers plaasvind nadat 'n masjien reeds onklaar geraak het en die produksieproses onderbreek is. [p. 99]
34
Voorkomende instandhouding
Onderhoud wat pro-aktief gedoen word om te verhoed dat masjiene breek en lei tot stilstand of produksieverlies. [p. 99]
35
Deurlopende instandhouding
Gereelde en geskeduleerde inspeksies en diens van masjiene op vaste tye (bv. elke drie weke) om gladde produksie te verseker. [p. 99]
36
SABS
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde wat standaarde in die handel en industrie probeer bevorder en fasiliteite bied om die gehalte te toets. [p. 100]
37
Gehaltebeheer
Die proses om kriteria te formuleer waaraan produkte moet voldoen om te verseker dat kliënte se behoeftes bevredig word. [p. 99]
Study all 37 cards for free