Gr 10 Hfst 9 - Produksiebestuur

37 Karteikartenvon Snipperkas
Diese Karteikarten lernenKostenlos · Spaced Repetition · iPhone, Android, Mac & Web

Alle Karten

1
Produksiebestuur
Die bestuur van prosesse wat waarde skep met die doel om die behoeftes en/of begeertes van verbruikers te bevredig. [p. 88]
2
Produksie
Die proses van waarde skep waartydens goedere geproduseer of vervaardig word. [p. 88]
3
Grondstowwe
Al die natuurlike hulpbronne wat gebruik word in die produksie van goedere en dienste. [p. 88]
4
Kapitaal
Geld en vaste bates (soos masjinerie of geboue) wat gebruik word wanneer goedere en dienste vervaardig word. [p. 88]
5
Entrepreneurskap
Die identifisering van geleenthede om grondstowwe, kapitaal, arbeid en inligtingstegnologie te kombineer om produkte te lewer. [p. 88]
6
Arbeid
Die vaardighede, kennis en ervaring van die mense (menskapitaal) wat in die produksieproses betrokke is. [p. 88]
7
Inligtingstegnologie
Die gebruik van tegnologie (soos nuwe masjiene, aanlynwinkels of aanlyn-bankdienste) om kliënte se behoeftes te bevredig. [p. 88]
8
Inset
Die eerste stap van die produksiefunksie wat verseker dat die korrekte grondstowwe, kennis, kapitaal en inligting in plek is om produksie te begin. [p. 89]
9
Transformasie
Die omskakelingsproses waar die bestuurder verseker dat fasiliteite, arbeid en kapitaal gebruik word om insette te verwerk na uitsette. [p. 89]
10
Uitset
Die finale geproduseerde goedere of dienste wat aan voorafbepaalde gehaltestandaarde en kriteria moet voldoen. [p. 89]
11
Aanvaarding
Die stadium waar goedere of dienste wat aan gehaltestandaarde voldoen, deur bemarkingsaktiwiteite aan die kliënte verkoop word. [p. 89]
12
Langtermynbesluite
Strategiese besluite soos die keuse van fabrieksperseel, fabrieksuitleg, produksiestelsel of produkontwerp wat lank neem om te implementeer. [p. 90]
13
Mediumtermynbesluite
Besluite rakende die produksiebegroting, produksie-hoeveelhede, materiaalbestuur, veiligheidsmaatreëls en masjienonderhoud. [p. 90]
14
Korttermynbesluite
Daaglikse besluite rakende die daaglikse werkplan en die deurlopende implementering van gehaltebeheer. [p. 90]
15
Fabrieksuitleg
Die fisiese plasing van toerusting, masjinerie en materiale wat gebruik word in die produksieproses binne die fabrieksgebou. [p. 91]
16
Buigsaamheid (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat verseker dat 'n fabrieksuitleg maklik verander of aangepas kan word indien produksiebehoeftes verander. [p. 92]
17
Koördinasie (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat 'n maklike vloei (inset tot uitset) toelaat sodat produksieprosesse glad verloop sonder opeenhopings. [p. 92]
18
Afstand (in fabrieksuitleg)
Die kriteria wat vereis dat die afstand wat materiaal tussen verskillende produksiepunte moet beweeg, so kort as moontlik gehou word. [p. 92]
19
Hantering (in fabrieksuitleg)
Die veilige en doeltreffende hantering van grondstowwe en klaarprodukte om skade of vermorsing te verminder. [p. 92]
20
Beste gebruik van ruimte
Die optimale benutting van beskikbare vloer- en vertikale ruimte in die fabriek om toerusting of voorraad te plaas. [p. 92]
21
Sigbaarheid (in fabrieksuitleg)
Die vereiste dat alle toerusting en materiale duidelik sigbaar moet wees om misplasings of ongelukke te voorkom. [p. 92]
22
Beperk ongemaklikhede
Die kriteria wat daarop gemik is om werknemers te beskerm teen swak lig, uiterste hitte, geraas of reuke in die fabriek. [p. 92]
23
Veiligheid (in fabrieksuitleg)
Die top-prioriteit wat verseker dat alle risiko's in die fabriek verwyder word en die nodige voorsorgmaatreëls getref is. [p. 92]
24
Massaproduksie
'n Deurlopende produksiestelsel waar groot hoeveelhede gestandaardiseerde produkte vinnig met behulp van monteerbane en outomatisering vervaardig word. [p. 93]
25
Stukwerkproduksie
'n Onderbroke produksiestelsel waar unieke, persoonlik-ontwerpte items volgens die kliënt se spesifikasies op bestelling vervaardig word. [p. 93]
26
Spul- of groepproduksie
'n Onderbroke produksiestelsel waar groot hoeveelhede soortgelyke produkte in groepe of spulle vervaardig word (bv. 'n dosyn of honderd). [p. 94]
27
Kombinasie-produksie
'n Moderne stelsel wat elemente van massaproduksie, stukwerk of spulproduksie kombineer om meer kliëntgerigte goedere te lewer. [p. 94]
28
Produksiespesifikasie
Die presiese bepaling van die metodes en materiale wat gebruik word om te verseker dat die finale produk aan gehaltestandaarde voldoen. [p. 94]
29
Minimum voorraadvlak
Die laagste voorraadvlak wat geduld kan word voordat produksie negatief beïnvloed word en 'n nuwe bestelling geplaas moet word. [p. 96]
30
Maximum voorraadvlak
Die hoogste geoorloofde vlak van voorraad om te verhoed dat goedere verouder, beskadig raak of onnodige koste veroorsaak. [p. 96]
31
EPOSSE
Elektroniese stelsel (Electronic Point of Sale) wat verkoopte items skandeer en die voorraadvlakke outomaties op die rekenaar aanpas. [p. 96]
32
Masjienbesetting
Die aantal ure per dag wat 'n spesifieke masjien in die fabriek aktief gebruik word. [p. 98]
33
Korrektiewe onderhoud
Instandhouding of herstelwerk wat eers plaasvind nadat 'n masjien reeds onklaar geraak het en die produksieproses onderbreek is. [p. 99]
34
Voorkomende instandhouding
Onderhoud wat pro-aktief gedoen word om te verhoed dat masjiene breek en lei tot stilstand of produksieverlies. [p. 99]
35
Deurlopende instandhouding
Gereelde en geskeduleerde inspeksies en diens van masjiene op vaste tye (bv. elke drie weke) om gladde produksie te verseker. [p. 99]
36
SABS
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde wat standaarde in die handel en industrie probeer bevorder en fasiliteite bied om die gehalte te toets. [p. 100]
37
Gehaltebeheer
Die proses om kriteria te formuleer waaraan produkte moet voldoen om te verseker dat kliënte se behoeftes bevredig word. [p. 99]
Alle 37 Karten kostenlos lernen

Mehr Karteikarten: Wirtschaft

Research Methods: Types of Business Research98 KartenWirtschaft · EnglischVanessaGovernmental and Nonprofit Accounting (D250)70 KartenWirtschaft · EnglischdMarketing Chapters 9-1857 KartenWirtschaft · EnglischDarius1951-64 Economics45 KartenWirtschaft · EnglischemiChapter 1 RMIN38 KartenWirtschaft · EnglischIronKingMacro3 Decks · 62 KartenWirtschaftAllimIntro to US Healthcare System26 KartenWirtschaft · Englischkay24Chapter 20 Vocab - Business Law23 KartenWirtschaft · Englischbevo612SHRM CP Exam 219 KartenWirtschaft · EnglischLexieSkonto Buchung13 KartenWirtschaft · DeutschLaraCorporate planning and implementation9 KartenWirtschaft · EnglischDariusE2 Managing Performance: Business Strategy337 KartenWirtschaft · EnglischElla

Alle Decks: Wirtschaft

Lerne diese Decks in der App

Kostenlos auf iPhone, Android, Mac und im Web. Füge jedes Deck mit einem Tipp zu deinem Konto hinzu.

Laden im App StoreJetzt bei Google Play
Alle 37 Karten kostenlos lernen