Gr 11 Hfst 6 - Kreatiewe denke en probleemoplossing

8 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Beskryf kreatiwiteit in 'n besigheidsomgewing
Kreatiwiteit in 'n besigheidsomgewing, gaan oor:
-om op ander maniere oor dinge te dink as ander mense
-die afbreek en heropbou van konsepte om 'n beter begrip van en insig daarin te kry (besigheidsprobleme)
-die organisering van denkprosesse en hulpbronne dat dit lei tot lewensvatbare en uitvoerbare oplossings vir probleme
-proses van ontdekking om insig in 'n probleem te verky, en verskillende maniere te bedink om dit te hanteer
-die voor-die-hand-liggende te verwerp en 'n oplossing te vind wat nog nie oorweeg is nie
-om die besigheid te onderskei van mededingers om 'n mededingende voordeel vir die besigheid te bekom.
2
Beskryf die vier-pilaar-benadering tot kreatiwiteit in besigheid
1-Vlotheid-kyk na die vermoë om verskeie en verskillende idees te genereer wat ontwikkel kan word deur kreatiewe denke, dinkskrums in groepe, maar ook tussen groepe
2-Buigsaamheid - om te kan kyk na konsepte vanuit verskillende oogpunte en die implikasies te verstaan as klein veranderings aan huidige produkte aangebring word
3-oorspronklikheid - die vermoë om unieke idees te ontwikkel
4-uitbreiding - gaan oor die byvoeging van detail en diepte tot verskillende oplossings.
3
Beskryf die elemente van SCAMPER
S-Substitute (vervang)
C-Combine (kombineer)
A-Adapt (aanpas)
M-Modify (wysig)
P-Put to new use ('n nuwe gebruik)
E-Eliminate or elaborate (elimineer of brei uit)
R-Reverse (omkeer)
4
Wat is kragveld-analise?
Dit is 'n probleemoplossings- en besluitnemingstrategie wat die besigheid help om voordele (kragte vir) en nadele (kragte teen) teen mekaar op te weeg wanneer 'n nuwe idee of projek geimplementeer word.
5
Noem die 5 stappe in die Kragveld-analise
1-Definieer die probleem
2-Definieer die doel van die verandering
3-Identifiseer die dryfkragte (kragte vir)
4-Identifiseer beperkende kragte (kragte teen)
5-Ontwikkel 'n strategie vir verandering
6
Noem 7 struikelblokke vir kreatiewe denke
1-Mense wat glo daar is slegs een korrekte antwoord, en nie iets anders wil waag nie
2-Te min slaap
3-Roetine-denke of logiese denke
4-'n Denkpatroon van "hierdie werk goed waarom verander?"
5-'n Houding van "Ek het nie tyd om kreatief te wees nie"
6-Bestuurders wat die boodskap uitstuur van "Ek is in beheer. As dit nie my idee is nie, is dit waarskynlik nie goed nie"
7-Mense wat sê "ek is nie kreatief nie", skep 'n selfvervullende profesie.
7
Wat is inheemse denke?
Inheemse denke gaan oor die plaaslike kennis en manier van dink wat uniek is tot 'n kultuur of 'n spesifieke samelewing. Inheemse kennis sluit in vaardighede, kundigheid, ervaring en insig van 'n groep mense.
8
Hoe kan om bewus te wees van inheemse denke die besigheid help om 'n mededingende voordeel te skep?
Deur 'n unieke produk of diens aan te bied aan 'n groep mense wat dalk nog nie hieraan gedink het nie, omdat dit nie deel vorm van hul lewenstyl nie. Inheemse kennis kan egter ook 'n bedreiging wees vir 'n besigheid wat beplan om mee te ding in 'n onbekende mark.
Study all 8 cards for free