Besigheidstudies Graad 10

68 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Noem die drie besigheidsomgewings
Mikro-, mark- en makro-omgewing
2
Beskryf die openbare sektor
Besighede wat besit word deur die regering en kollektiewe goedere en dienste lewer.
3
In watter 2 dele word die privaatsektor verdeel?
Formele sektor en informele sektor
4
Hoe skep 'n besigheid mededingende voordeel?
Deur goeie gehalte produkte/dienste aan te bied teen 'n mededingende prys
5
Waaruit bestaan die formele sektor?
Besighede wat geadministreer en bestuur word volgens die wette van die land. Hulle betaal belasting en word ingesluit by die BBP.
6
Beskryf besighede in die informele sektor
Besighede wat nie voldoen aan die wetlike vereiste van belasting betaal nie, en dus nie ingesluit word in BBP nie.
7
Noem 3 tipiese besighede in die informele sektor
Produksie (bv. juwele), smous (by verkeersligte), dienste (hare sny of vleg op straathoek)
8
Hoe dra informele besighede indirek by tot die ekonomie?
Hulle moet hulle produkte iewers koop (dikwels by die formele sektor), en hulle kan groei om deel te word van die fomele sektor.
9
Noem die 5 ekonomiese sektore
Primêre sektor, Sekondêre sektor, Tersiêre sektor, kwaternêre sektor, vyfdelige sektor
10
Beskryf die aktiwiteite wat plaasvind in die primêre sektor
Onttrekking of ontginning van rou materialerondstowwe.
11
Gee voorbeelde van aktiwiteite in die primêre sektor.
Boerdery, mynbou, visserye.
12
Beskryf die aktiwiteite wat plaasvind in die sekondêre sektor.
Grondstowwe wat ontgin word in die primêre sektor word verwerk tot vervaardigde goedere.
13
Gee voorbeelde van aktiwiteite in die sekondêre sektor.
Alle vervaardiging- en konstruksie, soos motorvervaardiging, produksie van tekstiele, bottel-aanlegte, ingenieursaktiwiteite.
14
Beskryf die aktiwiteite wat plaasvind in die tersiêre sektor.
Die verkoop van goedere en dienste.
15
Gee voorbeelde van aktiwiteite in die tersiêre sektor.
Kleinhandel-besighede wat vervaardigde goedere verkoop, verspreidingsbesighede, vermaaklikheid.
16
Beskryf die aktiwiteite wat plaasvind in die kwaternêre sektor.
Intellektuele aktiwiteite en kennisgebaseerde aktiwiteite gemik op toekomstige groei en ontwikkeling.
17
Gee voorbeelde van aktiwiteite in die kwaternêre sektor.
Wetenskaplike navorsing, onderwys, konsultasie, inligtingsbestuur en finansiële beplanning.
18
Beskryf die aktiwiteite wat plaasvind in die vyfdelige sektor.
Besluitneming op die hoogste vlakke van die samelewing.
19
Gee voorbeelde van aktiwiteite in die vyfdelige sektor.
Besluite op regeringsvlak, topbestuur van groot besighede en universiteite, kultuuraktiwiteite en die media.
20
"Gee die definisie van 'n ""besigheid""."
Die spesifieke prosesse wat waarde toevoeg tot 'n ekonomiese samelewing waarbinne dit funksioneer.
21
Beskryf die kenmerke van 'n suksesvolle besigheid.
Het sterk leierskap ten einde sy doelwitte te bereik. Fokus op pogings om mededingende voordeel te skep. Bevredig behoeftes en begeertes van teikenmark deur verskaffing van goedere/dienste. Gebruik die 4 produksiefaktore op 'n volhoubare wyse. Is 'n verantwoordelike, toerekenbare en deursigtige korporatiewe burger.
22
Noem die 7 doelstellings van 'n besigheid.
OorlewingWinsgewendheid en GroeiProduktiwiteit en doeltreffendheidSkep en behou mededingende voordeelOntwikkeling van werknemers en verhoudingsTegnologiese ontwikkelingSosiale verantwoordelikheid.
23
Wat noem ons die interne besigheidsomgewing?
Mikro-omgewing
24
Wat noem ons die 2 eksterne besigheidsomgewings?
Markomgewing en makro-omgewing.
25
Wat is die 5 komponente van die Mikro-omgewing?
BesigheidsfunksiesHulpbronneBesigheidsbeleidBesigheidskultuurStruktuur
26
Wat is die 8 besigheidsfunksies?
Topbestuur (Visie, missie, doelwitte, doelstellings, strategieë)AankoopfunksieProduksiefunksieBemarkingFinansiële afdelingAdministrasieMenslike hulpbronneOpenbare betrekkinge
27
Beskryf die visie van 'n besigheid.
Waar die besigheid graag in die toekoms wil wees.
28
Beskryf die missie van 'n besigheid.
Verfyning van die visie, spesifiseer die rede hoekom die besigheid bestaan.
29
Wat is die verskil tussen doelwitte en doelstellings?
Doelwitte is langtermyn-suksesse wat die besigheid wil bereik, terwyl doelstellings die korttermyn-teikens is wat behaal moet word om die langtermyn-doelwitte te behaal.
30
Wat is 'n besigheidstrategie?
'n Besigheidstrategie beskryf die plan van aksie wat geimplementeer moet word om die doelwitte en doelstellings te bereik.
31
Noem die 10 bestuurstake.
BeplanningOrganiseringLeidingBeheerKommunikasieKoordinasieBelsuitnemingDelegeringDissiplineMotivering
32
Wat doen die aankoopfunksie?
Die aankoopfunksie verseker dat die besigheid die nodige hulpbronne het om sy doelstellings te bereik.
33
Om seker te maak die besigheid het die nodige hulpbronne, beteken dat ...
die korrekte kwaliteit hulpbronneword gekoop teen die regte prysin die korrekte hoeveelheidword afgelewer by die korrekte plekop die korrekte tydvan die regte verskaffer
34
Wat doen die produksiefunksie?
Produksie funksie kombineer produksiefaktore sodat 'n produk gemaak word wat die behoeftes van die teikenmark sal bevredig, en verseker sodoende dat die wins gemaksimaliseer word.
35
Hoe verseker die produksie-funksie dat produkte wat vervaardig kreatief en gedifferensieerd is, en die behoeftes van die kliënt pas?
Dit kan bereik word deur te verseker die produk is: veiligbetroubaarduursaamgoeie naverkoopsdiens
36
Watter kwessie moet die produksie-funksie en die bemarkingsfunksie saam beding?
Die produk se lewensiklus, om seker te maak dat produkte oor tyd ontwikkel word om die behoeftes van die teikenmark te bevredig.
37
Wat is een van die eerste take wat die Bemarkingsfunksie moet uitvoer?
Om marknavorsing te doen om te bepaal: watter produk/diens benodig wordwatter prys verbruikers bereid is om te betaalwaar die produk verkoop moet wordwat die beste kommunikasiemetode met die teikenmark sal wees
38
Noem 4 bemarkingstegnieke wat die bemarkingsafdeling kan gebruik?
AdvertensiesVerkoopspromosiesPersoonlike verkopeMonitering van terugvoer van kliënte
39
Wat is die hoof funksie van die finansiële funksie?
Om seker te maak dat die besigheid genoegsame kapitaal het, en dat dit op die mees produktiewe wyse aangewend word.
40
Onderskei tussen Vaste kapitaal en bedryfskapitaal?
Vaste kapitaal (lang termyn) sal gebruik word om vaste bates soos grond en geboue, voertuie en toerusting te koop. Bedryfskapitaal (korttermyn) sal gebruik word om handelsvoorraad te koop, krediteure te betaal en bedryfsuitgawes te betaal.
41
Wat is die implikasie indien die entrepreneur nie net eie kapitaal gebruik nie, maar ook van geleende kapitaal gebruik maak?
Geleende kapitaal moet met rente terugbetaal word, wat 'n groot finansiële las op die besigheid kan plaas.
42
Wat moet gedoen word om te bepaal hoeveel kapitaal nodig is?
Die aanvangskoste en lopende koste moet bereken word, en vergelyk word met hoe lank dit sal neem voor die besigheid begin om 'n wins te maak.
43
Wat is 'n belangrike instrument wat die finansiële funksie gebruik om die finansiële posisie te beplan en te verseker dat die besigheid nie oorbestee nie?
'n Begroting
44
Waarvoor is die administrasiefunksie verantwoordelik?
Insameling van dataOm data te verwerk tot betekenisvolle en akkurate inligtingOm die inligting in 'n formaat te hou wat maklik is om te verstaan. Inligting moet geredelik toeganklik en beskikbaar wees.
45
Waarvoor is die Menslike hulpbronne afdeling verantwoordelik?
Vir die algehele mannekrag van die besigheid (dus om te bepaal hoeveel werkers en watter vlak van vaardighede benodig word)
46
Noem 4 wette wat 'n direkte impak op die menslike hulpbronne funksie het.
Wet op ArbeidsverhoudingeWet op Basiese DiensvoorwaardesWet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese bemagtigingWet op Vaardigheidsontwikkeling
47
Wat is die verantwoordelikheid van die Openbare Betrekkinge funksie?
Streef daarna om te verseker dat die beeld (handelsmerk) van die besigheid sterk en positief is.Maak seker dat die besigheid op 'n etiese en volhoubare wyse bydra tot die gemeenskap.Om die verhouding tussen die besigheid en verskillende belanghebbendes te verbeter - intern sowel as ekstern.
48
Verduidelik wat is risiko-bestuur?
identifisering en monitering van die risiko's waaraan die besigheid blootgestel is.om die nodige risiko-strategieë gereed te hê en die moontlikheid van risikos so laag as moontlik te hou.
49
Wat is Bestuur van Inligtingsisteme (BIS)?
BIS verseker dat die nodige tegnologie beskikbaar is waar en wanneer dit benodig word.
50
Noem die 4 produksiefaktore / hulpbronne?
Menslike hulpbronneKapitaalGrondstowweEntrepreneurskap
51
Wat is die doel van besigheidsbeleid?
Om rigting te gee aan die verskillende funksies en dit skep 'n raamwerk waarbinne al die besigheidsfunksies bedryf word.
52
Beskryf die term besigheidskultuur.
Besigheidskultuur is die menings en waardes van mense in die besigheid. Dit is wat die gedrag en houdings van die interne belanghebbendes van die besigheid bepaal en rig. 'n Positiewe besigheidskultuur lei tot spanwerk, sinergie en 'n algemene inkoop in die besluite wat binne die besigheid geneem word.
53
Waarna verwys die term organisasie struktuur?
Dit verwys na die wyse waarop menslike hulpbronne, outoriteit en verantwoordelikheid en die verspreiding van inligting georganiseer word om seker te maak dat alle komponente saamwerk om 'n sistematiese geheel te vorm wat die doelwitte van die besigheid sal bereik.
54
Noem 7 verskillende organisatoriese strukture
Funksionele organisasiestruktuurLynorganisasiestruktuurLyn- en personeelorganisasiestruktuurMatriksorganisasiestruktuurProjekorganisasiestruktuurAfdelingstruktuur gebaseer op PRODUKAfdelingstruktuur gebaseer op STREEK
55
Noem die 7 elemente van die markomgewing
VerskaffersVerbruikersMededingersStrategiese alliansiesTussengangersNSO'sIndustrie-reguleerders
56
Verduidelik hoe 'n verskaffer mag oor die besigheid het.
As die verskaffer 'n hoër prys vir materiale eis, sal dit veroorsaak dat die besigheid die verkoopprys sal moet verhoog. As die verskaffer nie die materiaal betyds aflewer nie, sal die besigheid nie sy doelstellings kan bereik nie.
57
Watter koopkrag het die verbruikers oor die besigheid?
As die verbruiker voel die prys is te hoog, sal hy die produk nie langer koop nie en dit kan die besigheid dwing om sy prys te verlaag anders kan hy kliënte verloor.
58
Verduidelik die term mededingers
Besighede wat dieselfde, soortgelyke of substituutprodukte aan dieselfde teikenmark verkoop. Huidige en nuwe mededingers kan 'n bedreiging wees vir die besigheid.
59
Noem die 6 faktore waarop die besigheid 'n mededingende voordeel kan bou.
GehaltePrysGebruik van tegnologieDiensvlakkeBo-gemiddelde gebruik van hulpbronneLokaliteit (ligging) van die besigheid.
60
Verduidelik en gee 'n voorbeeld van 'n strategiese alliansie.
Dit is waar twee of meer besigheide besluit om saam te span om voordeel te trek uit geleenthede in die mark. Bv. Discovery kaarthouers kan hul kaarte by Ster Kinekor gebruik vir afslag op rolprente.
61
Bespreek die term tussengangers, en bespreek hul rol in die markomgewing.
"Tussengangers is ""middelmanne"" wat 'n skakel vorm tussen die besigheid en sy verbruikers in die verspreidingskanaal. Bv 'n gevestigde boetiek wat 'n nuwe ontwerper se klere verkoop. Tussengangers is in staat om besighede by te staan om tendense in kliënte se behoeftes en begeertes op te volg."
62
Beskryf die term NSO's (Nie-staatorganisasies), en gee voorbeelde.
Organisasies sonder winsoogmerk wat fokus op kwessies soos die opheffing of ontwikkeling van sekere groepe in die samelewing of beskerming van die omgewing. Bv. Die DBV, Nelson Mandela Kinderfonds.
63
Beskryf die term industrie-reguleerders, en gee voorbeelde.
Groepe wat riglyne aan besighede verskaf oor hoe om op te tree om te verseker dat besighede op 'n etiese manier funksioneer. Hulle is die waghonde van die industrie. Bv. SABS, en Ombudsmanne.
64
Wat is die verskillende faktore wat gebruik kan word om die makro-omgewing te analiseer?
P - Politiese faktoreE - Ekonomiese faktoreS - Sosiaal/maatskaplike faktoreT - Tegnologiese faktoreL - Wetlike faktoreE - Omgewingsfaktore
65
Watter instrument word gebruik om die mikro-omgewing te analiseer?
SSGB Analise (net Sterkpunte en swakpunte)
66
Watter instrument word gebruik om die mark-omgewing te analiseer?
SSGB analise (Slegs Geleenthede en Bedreigings)
67
Watter instrumente word gebruik om die makro-omgewing te analiseer?
SSGB Analise (slegs geleenthede en bedreigings) PESTLE Analise
68
Noem drie kenmerke van die mikro-, mark- en makro-omgewings:
KompleksMulti-vlakkigDinamies
Study all 68 cards for free