Gr 11 Hfst 3 Bestuur en Entrepreneurskap

42 flashcardsby Snipperkas
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Verskaf die definisie van bestuur.
Bestuur is die proses waar verantwoordelikheid aanvaar word om te verseker hulpbronne word op 'n innoverende manier aangewend om te verseker die besigheid se doelwitte word bereik.
2
Noem 3 vlakke van bestuur.
Topbestuur, middelbestuur, laer bestuur
3
Wat is die verantwoordelikheid van topvlakbestuur?
Topvlakbestuur is verantwoordelik vir die strategiese besluitneming soos die volhoubaarheid van die besigheid se toekoms.
4
Wat is die verantwoordelikheid van middelvlakbestuur?
Middelvlak bestuur is verantwoordelik vir die taktiese besluitneming soos die medium-termyn besluite. Hulle interpreteer die topbestuur se besluitneming in terme van die verwagtinge en die impak van besluitneming op die besigheid se funksionering.
5
Wat is die verantwoordelikheid van laevlak bestuur?
Laevlak bestuur is verantwoordelik vir die dag-tot-dag-besluite, hulle beheer die daaglikse besluitneming binne die grense wat daar gestel word deur verskillende beleide en prosedures van die besigheid.
6
Noem die 10 bestuurstake.
1-Beplanning
2-Organisering
3-Personeelleiding en aktivering
4-Beheer
5-Kommunikasie
6-Koordinering
7-Delegering
8-Dissipline
9-Besluitneming
10-Motivering
7
Wat behels beplanning?
1-Wat moet gedoen word?
2-Hoe moet dit gedoen word?
3-Wanneer moet dit gedoen word?
4-Wie moet dit doen?
8
Noem 4 beginsels van effektiewe beplanning.
1-Beplanning is 'n rasionele proses wat toekomsgerig is.
2-Effektiewe beplanning sal die tregter-benadering volg.
3-Planne moet aanpasbaar wees.
4-Beplanning vind op alle vlakke van besigheid plaas.
9
Verduidelik die tregter-benadering wat tydens effektiewe beplanning gevolg moet word.
Bestuur moet daarvan bewus wees dat die besigheid slegs een van die rolspelers in 'n makro- en mark-omgewing is. Bestuur moet deurgaans betrokke wees by omgewingsanalise, want hierdie omstandighede is veranderlik.
10
Watter tipe beplanning vind op elkeen van die bestuursvlakke plaas?
Top Bestuur - Strategiese beplanning
Middel Bestuur - Taktiewe beplanning
Laer Bestuur - Operasionele beplanning
11
Noem die 5 stappe in die beplanningsproses.
1-Doelwitstelling
2-Besluit oor beplanningstydperk
3-Oorweeg alternatiewe
4-Implementeer die plan
5-Kontrole-proses
12
Wat behels organisering?
Organisering behels die identifisering van aktiwiteite wat moet plaasvind om die doelwitte wat gestel is, te behaal.
13
Wat is die stappe in die organiseringsproses?
1-Oorweging van doelwitte
2-Identifisering en groepering van aktiwiteite
3-Toekenning van pligte
4-Delegering van gesag
14
Noem 5 voordele van goeie organisasie.
1-Goeie kommunikasiepatrone
2-Gesag en verantwoordelikheid
3-Skep balans
4-Stimuleer kreatiwiteit
5-Bevorder groei
15
Wat is die beginsels van leierskap?
1-Harmonie van doelwitte
2-Effektiewe kommunikasie
3-Eenheid van beheer
4-Direkte toesig
5-Opvolg
16
Noem 6 eienskappe/kenmerke van goeie leierskap.
1-Goeie beplanning
2-In staat om besluite te neem
3-Lei mense
4-Moedig mense aan
5-Neem inisiatief
6-Mediator en arbitrator
17
Noem 3 leierskapstyle
1-Outokratiewe leier
2-Demokratiewe leier
3-Laissez fair-leier
18
Beskryf die outokratiese leier
-Gee direkte instruksies aan ondergeskiktes
-Formuleer doelwitte, beleide en prosedures sonder om enig iemand se insette te vra
-Tydbesparend
-Vinnige oplossings in krisis situasies
-Werknemers weet presies wie gee instruksies, verminder verwarring
19
Beskryf die demokratiese leierskapstyl
-Moedig gesamentlike besluitneming aan
-laat span toe om betrokke te raak in doelwitstelling, en ontwikkeling van beleide en prosedures
-help om werkers se selfvertroue te ontwikkel en hulle uitsette te verhoog
-baie goed vir moraal van werkers
-vertraag soms besluitnemingsproses
20
Beskryf die Laissez faire-leierskapstyl
-leier oefen nie beheer oor werknemers uit nie.
-slegs nodige inligting en hulpbronne sal aan werknemers beskikbaar gestel word, sonder om in te meng oor hoe doelwitte bereik word.
-baie effektief as werksmag uit onafhanklike denkers bestaan wat kreatief en vaardig is.
-hoë vlakke van integriteit van werknemers
-mag onsekerhede en verwarring tot gevolg hê, as werknemers nie seker is wat van hulle verwag word nie.
21
Verduidelik die konsep van beheer.
Beheer behels dat die huidige vordering vergelyk word met die vooraf bepaalde standaarde wat gedurende die beplanningsfase gestel is.
22
Noem die drie stappe in die beheerproses:
1-Stel standaarde
2-Meet die werklike prestasie
3-Neem korrektiewe aksie.
23
Noem die komponente van 'n goeie beheerstelsel.
1-Geskik
2-Buigbaar/aanpasbaar
3-Motiveer personeel
4-Toekomsgerig
5-Ekonomies
24
Beskryf kommunikasie
Kommunikasie is die proses waardeur inligting, menings, sienswyses en idees tussen personeel en bestuur uitgeruil word.
25
Wat is die doel van duidelike kommunikasie?
Die doel van duidelike kommunikasie is om die werknemers te help om te verstaan wat hulle moet doen, hoekom, en hoe hulle moet optree om die besigheid se doelwitte te bereik.
26
Beskryf die funksie van koordinering.
Koordinering is noodsaaklik in enige suksesvolle besigheid, omdat die bestuur met 'n verskeidenheid persepsies, opinies, belange en houdings van interne en eksterne belangegroepe te make het. Dit is belangrik dat die bestuurder al hierdie veranderlikes koordineer om te versesker dat al die belanghebbendes dieselfde doelwit te wil bereik. Om hierdie dolwit te bereik sal die bestuur beide tasbare en nie-tasbare hulpbronne optimaal moet koordineer.
27
Wat is delegering?
Die delegeringsproses verwys na die toewysing van verantwoordelikheid en mag aan ondergeskiktes.
28
Deur watter wet word die proses van werkersdissipline bepaal?
Wet op Arbeidsverhoudinge
29
Wat is die doel van dissiplinêre aksie?
Om die toekomstige gedrag van die werknemer te verbeter.
30
Watter eksterne faktore kan die besluitnemingsproses beinvloed?
1-Politieke faktore
2-Ekonomiese faktore
3-Sosiale faktore
4-Tegnologiese ontwikkeling soos kommunikasiemetodes
5-Optrede van potensiële mededingers
6-Eksterne belangegroepe
7-Verwagtinge van kliënte
31
Verduidelik die konsep van motivering.
Werknemers moet 'n gevoel van eienaarskap hê en daarom die verantwoordelikhede wil nakom.
32
Van watter twee veranderlikes is werksprestasie afhanklik?
Die vermoë om die werk te doen, en die bereidwilligheid om aan die aktiwiteite deel te neem.
33
Noem twee motiveringsteorieë.
1-Maslow se teorie oor behoeftes
2-Adam se regverdigheidsteorie
34
Wat is die vyf vlakke van behoeftes volgens Maslow?
1-Fisiologiese behoeftes
2-Veiligheidsbehoeftes
3-sosiale behoeftes
4-Selfbeeld
5-Seslf-aktualisasie
35
Op watter beginsel berus Adam se Regverdigheidsteorie?
Die beginsel dat daar 'n noue verwantskap bestaan tussen die prestasie van die werksmag en die beloning wat hulle ontvang.
36
Noem elf karaktereienskappe van entrepreneurs (vaardighede).
1-Inisiatief
2-Beplanning
3-Uithouvermoë
4-Kwaliteitbeheer
5-Risikonemer
6-Selfvertroue
7-Geldingsdrang
8-Ondervinding
9-Informasie versamelaar
10-Probleemoplosser
11-Kredietwaardigheid
37
Noem die ses aktiwiteite wat deur 'n entrepreneur uitgevoer word.
1-Genereer idees
2-Marknavorsing
3-Verkry befondsing
4-Werwing
5-Aankope
6-Projekimplementering
38
Verduidelik wat is 'n sosio-preneur?
Iemand wat innoverende besigheidsidees gebruik om sosiale probleme op te los. Hul doel is nie om wins vir hulself te skep nie, maar om eerder wydverspreide sosiale verbetering tot stand te bring.
39
Verduidelik wat is 'n tegno-entrepreneur?
Dit is 'n persoon wat tegnologiese vooruitgang gebruik om 'n nuwe besigheidsonderneming tot stand te bring.
40
Onderskei tussen 'n tegnologie-ontwikkelaar, en 'n tegnologie-gebruiker.
'n Tegnologie-ontwikkelaar is 'n persoon wat nuwe en unieke tegnologiese konsepte, wat nuwe besigheid tot stand bring, ontwikkel. 'n Tegnologie-gebruiker is 'n persoon wat nuwe tegnologie identifiseer, en verstaan hoe die konsep ten beste aangewend kan word om klante se behoeftes of begeertes te bevredig.
41
Wat is 'n eko-preneur?
Die eko-preneur skep 'n besigheid gebaseer op die oplos van omgewingsprobleme deur omgewingsvriendelike produkte of dienste te skep.
42
Wat is 'n tenderpreneur?
'n Tender-preneur ontwikkel 'n entrepreneursbesigheid gebaseer op 'n tender waarvoor hy graag wil aansoek doen. Soms bestaan die besigheid reeds, maar die besigheidsfunksies word aangepas om die vereistes van die tender na te kom. Die tender-preneur maak dikwels 'n bestaan deur tenders te verkry en dit dan te subkontrakteer aan ander besighede.
Study all 42 cards for free