Wet op Basiese Diensvoorwaardes

19 flashcardsby Carlise
Study these flashcardsFree · spaced repetition · iPhone, Android, Mac & web

All cards

1
Kernwoorde
2
Doel
  • Bepaal duidelike diensbepaling en voorwaardes vir werkgewers en werknemers
  • Stel minimum vereistes vir basiese indiensnemingskontrak
  • Bevorder ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid van werknemers
3
(1) Gewone werksure
  • Werknemers mag 9 uur per dag werk as hulle vyf dae of minder werk per week
  • Werknemers mag 8 uur per dag werk as hulle meer as vyf dae per week werk
4
(2) Oortyd
  • Werknemers kan nie gedwing word om oortyd te werk nie, maar moet instem om oortyd te werk
  • Daar mag nie meer as 3ure per dag en 10 ure per week oortyd gewerk word nie
5
(2.1) Oortyd moet soos volg vergoed word
  • 1 en 'n half keer die normale tarief vir oortyd gewerk op weeksdae en saterdae
  • 2 keer die normale tarief van betaling vir oortyd gewerk word op sondae en publieke vakansiedae
6
(3) Etenstyd en rusperiodes
  • Werknemers moet 'n etenspouse van 60 min kry na 5 ure se werk
  • Die etenstyd kan deur 'n onderlinge skriftelike ooreenkoms tot 30 minute verminder word wanneer werknemers minder as 6 uur per dag werk
7
(4) Publieke vakansiedae
  • Werknemers moet betaal word vir enige publieke vakansiedae wat op 'n weeksdag val
  • Werknemers mag op publieke vakansiedae werk wanneer daar 'n wedersydse ooreenkoms is, en hulle word dubbel hul normale tarief betaal
8
(5) Kennisgewing en diensbeëindiging
  • 'n Indiensnemingskontrak kan slegs na 1 week se kennis beëindig word indien die werknemer vir 6 maande of minder in diens is
  • 'n Minimum van 4 weke kennis moet aan die besigheid gegee word indien die werknemer vir 'n jaar of langer in diens is
9
(6) Verbied kinderarbeid en dwangerheid
  • Dit is onwettig om 'n kind jonger as 15 in Suid-Afrika in diens te neem
  • Dit is ook onwettig om 'n werknemer te dwing om te werk
10
(7.1) Jaarlikse verlof
  • 21 opeenvolgende dae jaarlikse verlof per jaar of 1 dag vir elke 17 dae gewerk, 1 uur vir elke 17 uur gewerk
11
(7.2) Siekverlof
  • 30 dae/ 6 weke betaalde siekverlof in 3 jaar/ 36 maande siklus
12
(7.3) Kraamverlof
  • Swanger werknemers is reregtig op vier opeenvolgende maande kraamverlof
13
(7.4) Gesinsverantwoordelikheidsverlof
  • 'n Werknemer is geregtig op 3-5 dae verlof per jaar in geval van dood van lewensmaat, kind, ouer, bloedverwant
14
(7.5) Ouerskap
  • Ouerskap verlof is onbetaalde verlof, ouer mag wel by WVF eis
15
Voordele
  • Bepaal minimum vereistes vir indiensnemingskontrakte
  • Spesifiseer werksure om uitbuiting van werknemers te voorkom
16
Nadele
  • Werkgewers kan nie goedkoop arbeid aanstel nie, en kan dus nie werknemers uitbuit nie
  • Besighede word gedwing om aan die verskeie wetlike vereistes van die WBDV te voldoen, wat die arbeidskoste van besighede direk verhoog
17
Stel maniere voor waarop besighede aan WBDV bepalings kan voldoen
  • Vergoed werknemers wat oortyd werk, soos bepaal in die bepalings van die WBDV
  • Voorsien kraamverlof vir swanger werknemers
  • Weerhou daarvan om kinders onder die ouderdom van 16 in diens te neem, aangesien dit onwettig is
18
Strawwe vie nie-nakoming
  • Die Direkteu Geberaal van die Arbeidshof kan die nakomingsbevel toestaan, wysig of kanselleer
  • Besighede kan na die Arbeidshof geneem word vir 'n beslissing
19
Optredes wat as oortreding van die WBDV beskou word
  • Die voorkoming van swanger werknemers om kraamverlof wettiglik neem
  • Die voorkoming van werknemers om toegang tot indiensnemingskontrakte te verkry
Study all 19 cards for free